GERHARD SE ‘BRAN’ BIERBROOD

GERHARD SE ‘BRAN’ BIERBROOD

450g/750ml Bran rich bruismeel
5ml kruie
45ml suiker
400g heel mielies
1 bier

Sif meel, kruie en suiker saam.
Voeg mielies by.
Gooi bier stadig by en meng tot deeg.
Gooi in gesmeerde 23x13cm pan.
Bak vir 60min @ 180°C.
Laat 5min afkoel voor uit pan haal.

Ek maak resep gewoonlik dubbeld aan en gebruik dan n platboom swartpot.

Resep en foto verskaf: Gerhard Kock




ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

1 blikkie ideal melk, oornag in yskas gelos
1 blik pynappel crush, gedreineer en stroop gehou
1 pakkie pynappel jellie
1 pak tennis beskuitjies

Verhit die pynappelstroop tot kookpunt. Voeg die pynappel jellie poeier daarby. Roer tot opgelos. Laat afkoel tot baie dik, maar nie gestol nie.

Klop die ideal melk tot baie dik. Dit sal 3 of 4 keer verdubbel in hoeveelheid. Voeg die ‘jelliestroop’ by en meng baie goed. Voed die pynappel krush by en roer goed deur.

In ‘n bak pak jy ‘n lagie beskuitjies, lagie mensel. Herhaal en eindig met mengsel. Krummel beskuitjies bo oor.

Plaas oornag in yskas.

Wenk: Jy kan die pynappel krush met 2 blikkies granadilla pulp vervang. Vervang pynaplel jellie met granadilla jellie en maak met 1 koppie kookwater aan. Gebruik nog ‘n blikkie granadilla pulp vir bo oor in plaas van beskuitjies krummel.

Wenk: Raspberry jelly en gesnipperde guavas werk net so lekke

Resep verskaf en foto: Wayne Dugmore (sy ma  Anna se resep)




GEEN ALKOHOLIESE DRANKIE IDEES

GEEN ALKOHOLIESE DRANKIE IDEES

Bessie Jvr Marais:
Wat van apple tizer en druiwesap ek hou van druiwesap.

Cindy Christiaans:
Passion fruit en lemonade.

Jacqueline Butt Bierman:
Lekker fruit punch. Crushed pineapple blikkies grenadilla en sprite of jy kan ook soda water gebruik. Dreineer net nie pinepple crush voordat jy dit gebruik

Anina Klue Otto: Maak jou eie rooibosystee. Dit is verfrissend en altyd ‘n wenner.
Jy kan enige geur aanmaak koeldrank stroop byvoeg na jou smaak (ek is mal oor pomelo geur) en as jy dit ‘n borrel wil gee kan jy lemonade of sodawater byvoeg.
Plus as jou gaste nie suiker gebruik nie, kan jy die suikervrye opsies byvoeg!

Christa Hamann Butler Roses:
Lime cordial met sprite.

Ineke Steyn:
Ek maak water kefir en dan proe dit soos gemmer bier. Baie gesond en lekker.

Sanet van Wyk:
Goeie idea, maar dit kan wel klein klein bietjie alkohol inhoud he. hang af hoe streng mense is oor geen alkohol verbruik.

Ineke Steyn:
As jy dit nie lank ferment nie is daar amper geen alkohol nie. Ek sit myne in yskas sodra ek dit gemaak het en dan na 2 tot 4 dae is dit reg. Soms proe dit soos pynappel as jy dit langer hou proe dit soos gemmerbier. Ek sit net extra gemmer in

Sanet van Wyk:
Lekker met vars lemoen sap ook in saam met gemme

Rochelle Liebenberg: Aanmaak ystee, sodawater en non-alcoholic champagne. Bedien met gevriesde aarbeie en suurlemoen skyfies. Skuus ek was onduidelik… gebruik slegs die ystee se stroop (peach werk lekker). Het dit gedrink verlede Kersfees toe ek swanger was. Dis baie lekker!

Schalk Mostert:
Pons met borelende druiwesap

Catherine Ryland:
Pasionfruit and lemonade. Virgin strawberry daiquiri.

Sanet van Wyk: Iced tea.

Amanda Marais:
Daar is nou blykbaar ‘n alkoholvrye gin en tonic op die mark.

Melissa Ann Vermeulen:
Steelworks. Kola tonic and ginger beer. I do add bitters and sometimes a splash of Roses lime juice as well.

Ella Simpson:
Italian Soda is heerlik.

Ria Dednam:
Virgin Mojito. Mintblare gekneus in 3 e bruin suiker, 1 liter lemonade en skyfies suurlemoen. Kan so spriet suurlemoensap ook byvoeg. Soms voeg ek Appelsap by. Heerlik verfissend. Pas hoeveelhede aan. Almal wat dit proe soek resep.

Petro van Rensburg:
Probeer gerus passion fruit en creamsoda… baie baie lekker!!

Trudie Truter:
Jy kan lekker drinkgoed maak as jy vrugte in blender gooi met 500 ml applesap vir elke liter gepulpde vrugte en vries in ziplock sakkies en as jy dit benodig laat dit halfpad ontvries en meng met yskoue sprite baie lekker.

Hannes En Vivien Erasmus:
Lemonade met mint en suurlemoenskyfies

Anita Van Boom:
Okay wat van hierdie een. Glas Sprite of dieet Sprite ys blikkies, gekneusde mint blaar, een eetlepel balsamiek asyn (laat mens dink aan kola tonic) maar heerlik verfrissend!

Annette Anderson:
Net Vrydag heerlike tuisgemaakte lemonade met bietjie granaatstroop in gedrink. Heerlik en dit lyk pragtig!

Annalize Dorfling Volschenk:
Ice tea met soda of sprite gemeng. Sny piesang en appel en sit in drankie.

Elize Botha:
Koue ystee gemaak met rooibostee en Fusion aanmaak koeldrank die peach and apricot geur.

Dottie Trichardt:
Helfte strawberries 🍓 en helfte sprite met baie fyn ys.

Annelize Du Plessis-Viviers:
Ystee gemaak van 1 liter rooibostee, sterk en afgekoel. Meng met 1 liter koue water en pakkie drink o pop. Strawberry, lemoen, nartjie, suurlemoen en cherrie is bsie lekker.

Magda Papageorgiou:
Passionfruit en lemonade
Sprite met stukkies suurlemoen en mint blare

Jennie Cronje:
Lipton ice tea het 2 nuwe virgin cocktail flavours, baie lekker.

Louisa Weideman Gebruik Sprite zero en ‘n skootjie suikervrye aanmaak koeldrank van Slimsy. ( Kyk by Checkers – verskeie geure) Die lime en ook die ruby grapefruit is veral lekker. Skink dit in ‘n cocktail glas. Kan ook sodawater gebruik i.p.v. Sprite zero.

Retha Grobler:
Ceres Medley of fruit gemeng met Sprite en Sodawater.

Laura Lombard:
Shirley Templeton
A Shirley Temple is a non-alcoholic mixed drink traditionally made with ginger ale, a splash of grenadine and garnished with a maraschino cherry.
Ingredients: Splash of grenadine syrup, Glass of ginger ale
Preparation: Add a splash of grenadine to a glass of ginger ale, garnish with a maraschino cherry.

Laura Lombard:
Wat van tomato cocktail?
glas yskoue tamatie sap
paar druppels Worcester sous
paar druppels Tabasco (plain een nie garlic nie)
bietjie suurlemoen sap
sout en pepper
Heerlik verby!

Photo: Ria Dednum




DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT


DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT
1 blikkie pynappelstukke in vrugtesap
1 blikkie onversoettideal melk, baie koud
1 pakkie simply delish lemmietjie geur jelliepoeier
2 sakkies (10 g elk) gelatien
10 volgraan provita beskuitjies
50 g gesmelte botter
4 sakkies selati versoetter 

Kap die beskuitjies fyn, meng met die botter en druk onder in ‘n tertbak vas. Plaas in die yskas tot benodig.
Dreineer die pynappelstukke. Behou die stroop.
Kap die pynappelstukke tot growwerig stukke.
Meng die jelliepoeier, selativersoetter en gelatien goed saam. Verhit die pynappelstroop, voeg nog 100 ml louwarmwater by en roer die jelliepoeier, Selati en gelatien daarin tot opgelos. Klits die Idealmelk tot sponserig. Voeg die stroopmengsel in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Skep die mengsel op die kors, strooi fyngekapte neute oor en plaas in die yskas tot gestol.
Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




SHELEEN SE VLA YSKASTERT

sheleenvlayskasterttested
SHELEEN SE VLA YSKASTERT
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
1 klein botteltjie suurlemoensap
250 g botter
10 gelyk vol eetlepels vla poeier
8 gelyk vol eetlepels suiker
900 ml  Melk

Vla:
Meet 900 ml melk af, gooi dan 850 ml in ‘n pot om te kook. Terwyl jy wag vir die melk om te kook, vat die ander 50 ml melk en meng 10 gelyk vol eetlepels vla poeier (die vla moet lekker dik wees, maar nie te dik nie) en 8 gelyk vol eetlepels suiker (hang af hoe soet jy dit wil he).

Meng alles goed deur dat daar nie klonte is nie. Voeg dan jou vla mengesl by die melk wanneer dit begin kook, roer aanhoudend sodat dit nie vasbrand of klonte maak nie (‘n pap klitser werk vir my lekker) jy kan bietjie van die melk oorskep in die houer waarin jy jou vla mengsel gemaak het, om dit wat agter gebly het ook in jou pot te kry. Hou aan om alles te roer totdat dit weer begin kook. Haal dan die pot van die plaat af en laat dit afkoel.

Tennisbesuitjie laag:
Metode 1:
As jy ‘n vierkantige bak het kan jy die koekies net so heel mooi in jou bak pak om die onderste korsie te maak.

Metode 2:
As jy ‘n ovaal of ronde bak het en bietjie sukkel om die koekies gepak te kry, kan jy dit krummels maak en meng met die 250 g botter en dit dan mooi plat druk onder in die bak.

Kondensmelk en suurlemoen sap:
Gooi jou kondensmelk in ‘n bak uit en meng dan bietjie suurlemoen sap op ‘n slag in, tot dit suur genoeg proe vir jou.

Tert laag:
As jy klaar jou koekies gepak het, kan jy nou jou eerste laag vla opsit. Ek het nie die velletjie afgeskep nie, ek het dit net weer in die vla ingeroer. Dan drip jy die kondensmelk mengsel oor die vla, ek het sommer met ‘n eetlepe klomp geskep en dit net so oor die vla gesmeer, nie te dik nie.
Jy kan self kies hoeveel lae jy wil he, ek het net twee gemaak en bo op my laaste laag van die koekie krummels gegooi.
Laat staan in die yskas tot dit lekker af gekoel het en dan is jou tert reg om te geniet.
Foto en aangepaste resep:  Sheleen Byrne Vorster

 




MELISSA’S BREAD MACHINE WHOLE WHEAT BREAD

melissawhlewheatbreadmachine breadtested
MELISSA BREAD MACHINE WHOLE WHEAT BREAD

700 g (1000 g) Measures in bracket is for an bread about 1000 g
Water 250 ml (350 ml)
Oil 2 TBSP (3 TBSP)
Salt 2TSP (2 ¼ TSP)
Wholewheat Flour 2 Cups (3 Cups)
Flour 1 Cup (1 1/3 Cups)
Brown Sugar 2 TBSP (2 ½ TBSP)
Milk Powder 2 TBSP (3 TBSP)
Yeast 1 TSP 1 TSP

Place ingredients into the bread pan. First add the water and/or liquids.
Then add the sugar, salt and flour.
Make a small indentation in the top of the flour and add the yeast into it.
Press menu button and select your desired program
Photo:Melissa Ann Vermeulen




PETRA SE DADEL-NEUTEBROOD OF MUFFINS

tested
PETRA SE DADEL – NEUTEBROOD OF MUFFINS
Voorverhitte oond 180°C.

1 koppie gesnipperde dadels
½ koppie gekapte neute (okkerneute)
1 teelepel koeksoda
62.5 ml margarine
1 koppie kookwater
190 ml suiker
2 koppies meelblom
1 groot eier, goed geklits
1 ½ teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
½ teelepel sout

Gooi gesnipperde dadels in mengbak.
Voeg die margarine by dadels.
Stooi koeksoda oor en gooi die kookwater oor.
Roer goed en laat afkoel.
Roer nou die suiker in tot gesmelt.
Voeg geklitste eier, sout en geursel by.
Sif meel en bakpoeier saam en meng by dadel mengsel.
Voeg laastens die neute by.

a. Gooi die deeg in gesmeerde broodpannetjie, bak vir ongeveer een uur.
b. Gooi die deeg in gesmeerde muffin pannetjies en bak vir ± half tot driekwart uur.

BRON: PETRA NEL – Ons oorge-erfde familie resep
FOTO: Wilma Batt‎ en Rina Kleinhans
Nota van Rina:  Ek sal so 10 ml asyn bygooi om die koeksoda smaak bietie te demp.




ELSABIE SE KOEKIEDRUKKER DEEG

tested

ELSABIE SE KOEKIEDRUKKER DEEG
Koekiedrukker deeg resep (van my Mamma):
375 ml stooisuiker
345 g sagte botter (of Stork to Bake margarien maar ek gebruik botter).
Room die strooisuiker en botter saam tot goed gemeng.
Voeg 3 eiers en
1 teelepel vanielje geursel by en meng goed.
Sif die volgende saam en voeg gelydelik by die suiker/botter/ eier mengsel:
4 x 250 ml (545 g) koekmeel
250 ml vlapoeier (gebruik mielieblom as jy nie wil vlakoekies maak nie)
7,5 ml bakpoeier
knippie sout.

Meng goed en jy kan dit selfs vir ‘n paar minute knie.
Ek gebruik sommer my deeghak in my menger om dit te doen.
Maak ‘n rolletjie van die deeg om in die buis van koekiedrukker te pas.
Druk deeg direk op koue bakplaat wat liggies met C&S gespuit is uit en bak by 180ºC vir so 10-12 min.
Ek bak by 175 ºC in my gasoond vir 14 min.
Ek het op die kleinste stelling 160+ koekies uitgekry.

Bron: Elsabie se ma
Foto: Elsabie Templeton en  Jaquleen Myburg




YOLANDI YOLLIE SE SNOEKPASTEIE

yolandiyolliese snoekpasteietested

YOLANDI YOLLIE SE SNOEKPASTEIE

1 snoek
2 uie
1l Melk
2 Sampioenpoeiersop
Lemon pepper
Blokkie Kaas.
Gekoopte skilferkors deeg

Kook snoek en pluis.
Maak witsous met melk,sop en kaas.
Gooi kaassous by snoek.
Smoor uie en voeg ook by.
Spice met lemon pepper en bqi sout. Roer deur.
Spuit jou bak of bakkie met Spray n Cook, rol die deeg uit en voer die panne daarmee, skep die vulsel in, bedek die pasteie met deeg, rond mooi af en bak by 180 grade C oto deeg lekker goudbruin is.

Resep en foto: Yolandi Yollie Tolken




GEMMERKOEKIES MET BARSIES EN AL

gemmerkoekiesbarsiesenalhettiedelareytested
GEMMERKOEKIES MET BARSIES EN AL
lewer sowat 12 dosyn
185 g (200 ml) botter/margarien
250 ml (1 k) gouestroop
1 250 ml (5 k) ongesifte koekmeel
20 ml (4 t) koeksoda
20 ml (4 t) kremetart
60 ml (4 e) fyn gemmer
5 ml (1 t) sout
3 groot eiers
625 ml (2½ k) bruinsuiker
Stel oond op 180 °C

Smelt margarien en stroop in kastrol oor matige hitte en laat afkoel.
Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot alles gemeng is.
Gooi suiker bo-oor en roer tot mengsel nat is, maar suiker nie gesmelt nie.
Gooi oor meelmengsel en meng goed.
Bedek deeg met plastiek en laat sowat 3 uur rus.
Rol deeg in balletjies sowat 1½ keer die grootte van ‘n okkerneut en plaas 3 cm uit mekaar op gesmeerde bakplate.
Druk balletjies effens plat.
Bak vir 12 minute.

Foto: Hettie de la Rey