PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA

PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA
1 kg wors van jou keuse
4 medium uie in halfringe gekap
15 ml olyfolie
5 ml knoffel
Peper na smaak
Worcestersous na smaak
1 bees aftrekselblokkie
15 ml mosterd
15 ml sweet chili
15 ml chuntey
1 blik chakalaka
1 blik tamaties
1 kop gerasperde kaas
Stywe pap
Braai uie en knoffel in olyfolie tot uie verkleur
Braai wors bo op uie tot al die water uitgekook is.
Haal wors uit en gooi res van die bestandele behalwe die kaas en pap by.
Smeer n oondvaste bak en skep n laag pap onderin, stip met botter
Kook die sous tot dik en gaar, sit wors terug en laat prut vir so 10 min.
Skep sous, wors en nog sous bo oor gooi kaas oor en bak tot gesmelt!
Resep en foto:Leandri Potgieter




SPANISH CHOPPED SALAD

SPANISH CHOPPED SALAD:
Dressing:
Blend together-
1 clove garlic
1 tablespoon red wine vinegar
3 tablespoons walnut pieces (optional)
1/2 teaspoon smoked paprika
2 teaspoons honey
2 tablespoons parsley
1/3 cup olive oil
1/2 teaspoon salt
Blend until smooth.
In large bowl, combine
1 chopped head romaine lettuce
2 cups baby spinach
1/4 red onion (sliced)
1/3 cup walnut pieces (optional)
1 cup halved cherry tomatoes
1 small finely diced apple
1 cup diced cucumber
Black and Green pitted olives added
Toss to combine then dress with vinaigrette.
Top with 1 cup shaved Manchego cheese. (I used Feta Cheese)
Recipe adapted by: Antoinette Constantinou
Photo: Elize Grobbelaar




SEMOLINA EN PEER MET GEMMER STROOP GEBAKTE NAGEREG

SEMOLINA EN PEER MET GEMMER STROOP GEBAKTE NAGEREG
5 peer helftes van geblikte pere. Sny in wiggies en hou eenkant.
1/2 koppie semolina
1/2 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
3 eetlepel strooisuiker
knippie sout
Sif droë bestansdele saam in groot mengbak.
In 250 ml maatkoppie gooi
1/4 koppie olie
1 eier
1/2 teelepel asyn
en maak vol tot by 250 ml merk met melk.
Kilts met vurk en gooi by by die meel mengsel en meng goed met draad whisk of eierklitser.
Spuit oondvaste bak van 2 liter inhoud met “spray and cook”
Gooi die beslag onder in bak. Skep die peer wiggies bo-op die degie.
Bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20min of tot gaar en goudbruin bo.
*Ek het vanaand hierdie in my LG Solardom konveksie oond gebak:
Speed Combi 5 180°C + M/W 180W vir 20 min

Terwyl dit bak maak die stropie:
1 koppie van die geblikte peer stroop
2 eetlepels gemmer stroop (van my gepreserveerde gemmer stukke wat ek vir vrugtekoeke gebruik)
Paar stukke van die gepreserveerde gemmer dun gesny
3 eetlepels strooisuiker

Kook tot die stroop begin verminder tot ongeveer half koppie vloeistof.
Sodra die gebakte nagereg uit oond kom gooi die warm stropie oor die warm nagereg en bedien met dik vla of room. Vir die foto het ek met versiersuiker gesprinkel.
Foto en resep: Elsabie Templeton




SARIE’S MICROWAVE FRUITCAKE

vrugte koektested

SARIE’S MICROWAVE FRUITCAKE

Fruit Cake ingredients
500gr fruit cake mix
1 cup brown sugar
1 packet of dates
250g butter
1 cup of water (250ml)
1 tp bicarbonate of soda
1/4 cup of water (mix with bicarbonate of soda)
1 cup mix nuts (250ml)
250ml mixed glace cherries
250ml Brandy
1 to 2 tp ginger
1 tp mixed spice
2 table spoon apricot jam
2 lrg eggs
2 cups cake flour
Pinch of salt
Place quality wrap waxed paper at the bottom of the microwave cake bowl
Soak fruit overnight (250ml brandy, cake mix, glace cherries and nuts)
Stove:
Boil fruit mix with 1 cup water, 250gr butter, 1 cup brown sugar and dates for 10 minutes plate heat 3.
Desolve carbonate of soda in 1/4 cup of water and add to warm fruit mix. leave to cool for 30min to 1 hour
Add mix spices, ginger,apricot jam, eggs beaten, and cake flour.
Mixed well together and bake on 100% in microwave for 25 minutes.
Cool off in cake pan and viola nice microwave fruit cake in only 25 minutes

Recipe and photo: Sarie Van Vuuren




DORDRECHT SE DONKER VRUGTEKOEK

kerskoek15095606_10154803152314009_3226224505220090598_ntested

DORDRECHT SE DONKER VRUGTEKOEK

Het vanaand die lekkerste vrugtekoek gebak. Hierdie is genoeg vir n groot vrugtekoek en n klein vrugtekoek broodjie. Manlief alklaar helfte van die broodjie verslint voordat dit koud was. Die groot vrugtekoek is lekker gedokter met bietjie brandewyn. Resep het ek uit Lita Stofberg se boek die beste van Droevrugte gekry wat ek al in 1990 gekoop het. Het die resep bietjie aangepas.

400ml water + 100ml Brandewyn
1kg Safari Koekmengel (kan pekanneute byvoeg as jy wil)
300g ontpitte dadels
125g glans kersies op gesny
375g unsalted botter
5 large eiers
500ml witsuiker
4x 250 koekmeelblom
10ml koeksoda
10ml bakpoeier
5ml fyn gemmer
3ml neutmuskaat
5ml gemende speserye
10ml fyn kaneel
3ml fyn naeltjies
190ml brandewyn dis nou om oor die koek te gooi sodra dit uit die oond kom

Verhit oond tot 150 grade Celcius
Kook die water, en die 100ml brandewyn, vrugte, suiker en botter saam vir 20 min
Laat so bietjie afkoel tot so lou warm
Klits die eiers goed en voeg by
Sif droe bestanddele saam en voeg by die koekmengsel sit dan jou extra neute by roer goed deur. Sit dit in koekpanne x2
Bak vir 1uur lank by 150 grade Celcius. Verminder temperatuur na 110 grade celcius en bak nog 2 uur tot gaar.
Haal die koek uit die oond en gooi dan die 190ml brandewyn oor.
Dis n vreeslike lekker koek hierdie

1ste Foto: Jacqueline Butt Bierman
2de Foto: Foto: Jeanette Martins




JOHAN SE BROODJIE IN DIE OONDJIE

johan-se-broodjiejohankaiingbroodtested
JOHAN SE BROODJIE IN DIE OONDJIE
Goeiemôre, vuurwarm uit die oondjie met vyekonfyt, die plaasbotter smelt so weg in hom en die korsie kraak onder jou tande.
3 koppies meel
1/2 koppie maas
1/2 pakkie kitsgis
1 teelepel sout
1 teelepel bruinsuiker
2 eetlepels vet of botter
1 koppie louwarm water

Ek laat alles saam meng in die broodmasjien op siklus 12. Wanneer die siklus klaar is skakel ek die broodmasjien af en laat dit binne die masjien rys tot dubbeld die grootte. Skakel nou weer masjien aan en laat knie op 12 vir so 5 minute. Haal deeg uit, vorm dit en sit in gesmeerde oondpan. Sit oondpan in die oondjie en stel tydskakelaar op 15 minute, draai die temperatuur skakelaar stadig net tot oondjie aanskakel laat rys tot dubbeld die grootte. Bak vir 30 tot 40 minute teen 180°C of tot brood mooi bruin is. Wenk: Draai die oond se deksel in verskillende posisies terwyl dit bak dat brood egalig kan rys en eweredig bruin kan bak. Kom sê my hoe hy gesmaak het. Mooi dag verder. Nota: Vir die kaiing-broodjie het ek die resep gebruik en net kaiings bygevoeg. Kan ook kaas of rosyne byvoeg in plaas van kaiings.
Resep en foto: Johan Coetzee




MARIE SE ROYAL CREAMS

royal creamstested
MARIE SE ROYAL CREAMS
500 gram stork bake margarine kamertemperatuur
1 en 1/2 koppie versiersuiker gesif
1 koppie Maizena gesif
1 koppie vlapoeier gesif
3 koppie koekmeel gesif
2 teelepeltjies amandel geursel
Verhit oond 160 ºC.
Verroom die sagte botter, versiersuiker en maizena tot romerig.
Voeg vlapoeier by asook die amandel geursel en meng goed. Ek gebruik my menger.
Voeg nou meel by koppie vir koppie en meng goed tot ‘n deeg vorm van keuse.
Bak vir 10 tot 15 minute afhangende van jou oond.
Laat heeltemal afkoel voor versiersel op sit en plak op mekaar.

Versiersel:
125 gram stork bake margarine
250 gram versiersuiker
2 teelepels amandel geursel
Verroom alles saam met menger om sagter versiersel te kry.
Geniet!
Resep en Foto: Marié Fourie




WENKE A TOT Z

vka201571794022 (2)

WENKE A TOT Z
Aanbrandsel

Anoniem: Ek het nou die dag my pap pot verbrand en gesukkel om die swart onder af te krap. My dogter kom daaraan en sy gooi bietjie Domestos met bietjie water in die pot en maak effens warm die swart kom af sonder skuur of enige gesukkel, pot lyk weer normaal.

♦♦♦

Vir enige potte wat erg aangebrand het gooi een koppie jik of domestos daarin en laat een uur staan en spoel uit. Daar bly nie ‘n teken van brand oor nie.

♦♦♦

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water.

♦♦♦

Citrus soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon.

Aanpaksel

Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddellik skoon.

Aartappel

Gerasperde ui gee ’n besondere smaak aan kapokaartappels.

♦♦♦

’n Bietjie melkpoeier oor gekookte aartappels en kapokaartappels maak dit mooi donsig.

♦♦♦

Ou aartappels moet eerder geskil word voor dit gekook word. Plaas die skil ook in die water om die voedingswaarde te verhoog.

♦♦♦

Gooi ‘n eetlepel melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.

♦♦♦

Laat aartappels ‘n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.

♦♦♦

Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.

♦♦♦

‘n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.

♦♦♦

Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

♦♦♦

5 mℓ asyn by die water waarin jy aartappels kook hou hulle mooi wit. Jy kan ook 10 mℓ by die water oor geskilde aartappels gooi om te help keer dat dit verbruin.

Aïoli
Indien jy nie tyd het om Aïoli te maak nie, kan jy knoffel met mayonnaise meng as ’n plaasvervanger.

Appels

Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.

♦♦♦

Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.

Avokado
Bestrooi avokado’s met meel en maak toe in koerantpapier, bêre onder in die oondlaai. Dit sal gouer ryp word.

♦♦♦

Maak ‘n avokado vinnig ryp deur dit in meel te begrawe.

♦♦♦

Avokado’s sal tot twee weke in die yskas hou. Plaas hulle in die groentelaai om ryp te word.
Bak

Indien jy ‘n spesifieke vorm soek om mee te bak en jy kan dit nêrens opspoor nie kan jy jou eie maak uit foelie.

Bakpoeier

‘n Plaasvervanger vir 20 ml bakpoeier is 10 ml kremetart plus 5 ml koeksoda.

Beskuit

Wanneer jy beskuit bêre, strooi ‘n laag suiker onder in die houer om dit langer vars te hou.

♦♦♦

Beskuit kan tot 3 maande in ‘n lugdigte houer gehou word.

♦♦♦

Botter gee ‘n beter geur aan beskuit as margerien.

♦♦♦

Sny vars beskuit met ‘n elektriese mes. Dit voorkom dat dit te erg breek.

♦♦♦

Plaas ‘n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevriesde beskuit ontdooi. Die vog sal verhoed dat dit uitdroog.

Beskuitjieblik

‘n Eetlepel suiker hou die inhoud van ‘n beskuitblik vars.

Beskuitjies

Om beskuitjies maklik te verkrummel, plaas hulle in ‘n sterk plastieksak. Druk hulle eers met ‘n rolstok stukkend en rol hulle daarna fyn.

Blaarslaai

Plaas ‘n papierservet in die yskashouer saam met blaarslaai. Dit absorbeer die vog en sorg dus dat die blaarslaai langer hou.

♦♦♦

Sit blaarslaai in suikerwater en dit sal weke vars bly.

Blikkieskos

Skryf die datums op jou blikkieskos. Dan kan jy seker maak jy gebruik altyd die oues eerste.

Blikpanne

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Blomkool

Kook ‘n paar lourierblare saam met blomkool indien jy nie van die reuk in jou kombuis hou nie, dan ruik jou kombuis baie lekkerder.

♦♦♦

Sit ‘n stukkie suurlemoenskil in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

Botter

Botter moet kamertemperatuur wees wanneer jy dit vir gebak gebruik.

♦♦♦

Kookolie kan as ‘n plaasvervanger vir gesmelte botter gebruik word.

♦♦♦

Wanneer jy botter room, spoel eers die bak met kookwater uit. Dit maak dit baie makliker.

♦♦♦

Hou die botterpapier wanneer die botter op is. Jy kan dit gebruik om oondbakke te smeer.

Braaipan

‘n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou.

Bredie

Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.

Broccoli / Brokkoli

Maak ‘n X-vormige snit in broccoli-stingels voordat jy dit in die pot sit. Die stingels sal gelyk met die blommetjies gaar word.

Brood

Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ‘n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie.

♦♦♦

’n Fyn sproei water aan die binnekant van jou oond tydens die eerste paar minute wat jou brood bak sal die brood ’n dunner kors gee.

♦♦♦

As jy ‘n brood bak en ‘n lekker bros kors bo-op wil hê, smeer die brood halfpad deur die bakproses met soutwater.

♦♦♦

Jy kan brood in ‘n leë skoendoos in jou mikrogolfoond bak.

♦♦♦

Hou ‘n brood langer vars deur ‘n stuk seldery saam met die brood in ‘n papiersak te bêre.

♦♦♦

Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

♦♦♦

Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

♦♦♦

‘n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.

♦♦♦

Plaas ‘n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevriesde brood ontdooi. Die vog sal verhoed dat dit uitdroog.

Broodbord

Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.

Broodkrummels

As jy ‘n gereg maak en jy sit sonder broodkrummels, gebruik graanvlokkies. Gooi ‘n handvol in ‘n plastieksakkie en druk fyn voordat jy dit by die res van die bestanddele voeg.

Brosbrood

Brosbrood bak ewerediger as dit oraloor met ‘n vurk geprik is.

Bruinsuiker

‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Bruismeel

Hou bruismeel in ‘n lugdigte houer om die rysmiddel in die meel vars te hou.

♦♦♦

Sif bruismeel altyd voor gebruik om lug in te werk.

♦♦♦

‘n Plaasvervanger vir 250 ml bruismeel is 250 ml koekmeel plus 5 ml bakpoeier (binneland) of 7 ml indien jy op seevlak is.
Dadels
Hou dadels in ‘n lugdigte houer in die yskas. Dit sal vir tot 8 maande behoue bly.

♦♦♦

Gebruik dadels in plaas van suiker in ‘n resep.

Deeg

Stukkies deeg wat aan die oppervlak kleef moet altyd afgeskraap word, anders maak dit die uitgerolde deeg klonterig.

As jy pasteideeg maak, plaas die koekroller vir ‘n paar uur in die yskas vooraf, dit vergemaklik die uitrol van die deeg aansienlik.

Plaas ‘n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ‘n harde lagie vorm.

Droë kos

Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk spaar.

Droëvrugte

Vyetakkies by droëvrugte hou die miet weg.

Druiwe

Om druiwe te skil – doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.
Eier

Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.

♦♦♦

Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.

♦♦♦

Om eiers langer vars te hou meng 400 g ongebluste kalk met 6 liter water en plaas die eiers daarin.

♦♦♦

Gooi gekookte eiergeel in ’n zip-lock sakkie. Seël sakkie en druk fyn. Gooi ander bestanddele by en meng goed. Sny nou die punt van die sakkie stukkend. Druk die inhoud by die gaaitjie uit. Gooi dan die sakkie weg.

♦♦♦

Geklitste eiers met ’n knippie sout kan vir 3 maande gevries word.

♦♦♦

Eiers by langer vars as hulle by ’n temperatuur van 5°C en by ’n voggehalte van 70% tot 80% bewaar word. ’n Lae temperatuur verhoed ook dat organismes in die eier groei.

♦♦♦

Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.

♦♦♦

As jy koek bak en jy het nie eiers nie, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier.

♦♦♦

As jy eiers oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.

♦♦♦

As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak, gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as daardie een vrot is.

♦♦♦

As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder.

♦♦♦

Gooi sout op ‘n eier wat op die vloer val en breek. Wag 5 minute en maak dan maklik skoon.

♦♦♦

As jy nie genoeg eiers het vir ‘n resep nie kan jy 1 uit 3 met 15 ml mielieblom vervang.

♦♦♦

Moenie eiers gebruik wat ouer as 21 dae is nie. Dit is nie meer vars nie.

♦♦♦

Bêre eiers met die gepunte deel na onder in die yskas. Dit bly langer vars so.

♦♦♦

Plaas ‘n eier in water om te bepaal of dit vars is. Indien dit dryf is dit nie meer vars nie.

♦♦♦

Klits eierwitte net voor gebruik, want hulle hou nie lank hulle volume nie.

♦♦♦

Om eiergeel ‘n paar dae lank vars te hou, gooi koue water of olie bo-oor, bedek en bêre in die yskas.

♦♦♦

Sny hardgekookte eiers deur met ‘n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.

♦♦♦

Eierwitte kan 3 weke lank vars gehou word in ‘n fles met ‘n deksel in die yskas.

♦♦♦

Voeg ‘n knippie sout by eierwit as jy dit klop, die eierwit sal gouer styf word.

♦♦♦

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers bak. Dit keer dat die eiers bars.

♦♦♦

‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ´n eier posjeer keer dat die wit versprei.

♦♦♦

Week papierhanddoek in 2 eetlepels asyn. Vee die mengbak of draadklitser af met die handdoek voor jy eierwitte klop. Droog af en klits dan jou eierwitte. Dit sal ekstra volume hê.

Eiervrug

Plaas eiervrugskywe in ‘n vergiettes en besprinkel met sout. Laat 30 minute lank staan, spoel af en druk droog met handdoekpapier. Die metode voorkom dat die eiervrug tydens die gaarmaakproses water trek, dit verwyder die bitter smaak en voorkom ook dat dit pap word of te veel olie absorbeer wanneer dit gebraai word.
Fles

Wanneer jy warm vloeistof in ‘n fles gooi, plaas ‘n mes in die fles om te voorkom dat dit bars.

Fudge

As jy fudge of toffie lekkers maak, giet die warm mengsel in platiek ysbakkies wat jy vooraf met margarien gesmeer het.

Fynaartappels

‘n Knippie bakpoeier op fynaartappels maak dit lig en sag.
Gas
Gas is vinniger en nadat ek dit nou by my ingesit het, maak ek makliker kos (en geniet ek dit meer!). Een probleem wat ek het is dat my kos nie lekker kan prut nie. Wat doen ek om vleis langer en dus sagter te kook in bredies? – Frikkie Wallis
Bianca skryf: Die klein gasplate is normaalweg stadiger. Die verhouding tussen plaat en pot is ook belangrik. Groot pot en klein plaatjie prut lekker saam.

Glase

Wanneer glase inmekaar vassit – plaas onderste een in ‘n bakkie met warm water en gooi koue water in boonste een.

Gousblomme

Die blomblare van gousblomme is ‘n goedkoop plaasvervanger vir safraan in geregte.

Grasuie

Grasuie moet normaalweg teen die einde van die kookproses gebruik word, anders ontwikkel dit ‘n bitter smaak.

Groenbone

As jy groenbone kook, haal die deksel vir die eerste paar minute af wanneer dit begin kook om die kleur te behou.

Groente

Om groete langer vars te hou, draai dit toe in waspapier voordat dit in die yskas gebêre word.

♦♦♦

Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

♦♦♦

Moenie groente te lank kook in koper- of gietysterpotte nie – die metaal vernietig vitamien C.

♦♦♦

Marie de Klerk :
“Om groente langer te bewaar in die koelkas plaas dit saam met ‘n wortel of twee in ‘n lugdigte houer. Wortels absorbeer alle vog van die ander groentes m.a.w. dit word nie sweeterig nie.”

Heuning

Heuning is die enigste kos wat nie verrot nie.

Red heuning wat gekristalliseer het deur dit te verhit, en NIE in die yskas te bêre nie.

Red heuning wat versuiker het deur die deksel af te haal en dit 30 sekondes op hoog te mikrogolf. Roer dan tot die sandsuiker opgelos is. Let asseblief daarop dat jy dit nie met plastiekhouers kan doen nie.

Hoender

Om hoerdervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Gebruik ‘n kooktang in plaas van ‘n vurk om hoender om te draai. Dit verhoed dat die vel geprik word en die sous verlore gaan.

‘n Mens kan hoenderstukkies in sterk soutwater wat koud is laat lê vir so 30 minute voor jy dit braai. Die resultaat is lekker sappige hoender. (Christine van Staden)

Jellie
Kry jellie maklik uit die vorm deur dit vir ‘n paar sekondes in kookwater te hou.

As jy weer jellie maak, gebruik Gemmerlin (Ginger Ale) in plaas van water. Dit gee die jellie ‘n ekstra vonkel-smaak.

Gooi aangemaakte jellie in ‘n ysblokkiepan. Sodra dit ferm is, dien dit met vla op.

Gooi ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.

Jogurt

Jy kan karringmelk of suurroom as plaasvervanger vir jogurt gebruik.

Kaas
Vul ‘n leë speserybottel met meel en gebruik dit om oor kaas te sprinkel op pizza of ‘n pastagereg. Dit voorkom dat die kaas drade trek.

♦♦♦

Rasper kaas wat hard geword het, met die fynste deel van die rasper en gebruik dit in plaas van parmesaan.

♦♦♦

Sorg dat daar altyd gerasperde kaas in die yskas is – dit bespaar tyd wanneer ‘n gereg berei word.

♦♦♦

Hou jou kaas in foelie. Dit hou langer en muf nie.

Kakao
‘n Knippie kaneel verleen ´n pikante smaak aan kakao.

Kapokaartappels

‘n Knippie bakpoeier op kapokaartappels maak dit lig en sag.

Kerfplank

Raak ontslae van sterk en onaangename kosreuke wat aan ‘n kerfplank kleef deur dit met ‘n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.

Kerrie

Hoe donkerder die kersies, hoe soeter is dit.

♦♦♦

‘n Kerrie kan tot drie dae in die yskas gehou word en sal waarskynlik verbeter oor die tyd.

♦♦♦

Voeg ’n paar druppels vanilla-ekstrak by kerrie-geregte. Dit neutraliseer die hitte van die rissie effe, maar bring die geur meer na vore.

♦♦♦

Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie eet, eet brood of seldery of drink melk – moet glad nie water drink nie.

Kersie

Kersies smaak op hul beste as dit by kamertemperatuur geëet word.

Ketel

Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn.

♦♦♦

Vul ‘n nuwe ketel met helfte witasyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water. Dit voorkom verkalking.

Klapper

Hou klapper in ‘n lugdigte houer en vries dit. Dan kan dit tot 6 maande lank hou.

Kleefplastiek
Hou jou kleefplastiek in die yskas. Dit hanteer dan makliker.

♦♦♦

As kleefplastiek opfrommel, hou dit ‘n minuut lank oor warm water. Die stoom sal dit ontplooi.

Knoffel
Vir ‘n gematigde knoffelsmaak in ‘n gereg, voeg die knoffel vroeg in die kookproses by. Vir ‘n sterk knoffelsmaak, voeg dit teen die einde by.

Koek

As jy ‘n druppel of twee kookolie by die gesmelte sjokolade voeg wat jy oor koek of eclairs gaan smeer, sal dit ‘n blink, professionele voorkoms hê.

♦♦♦

Twee eetlepels stroop in jou sjokoladekoekmengsel sal sorg dat die koek klam en smaaklik bly.

♦♦♦

5 ml gliserien gee enige koekmengsel ‘n ligter tekstuur.

♦♦♦

Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag – die koek sal dan baie lig uitrys.

Koekies

Hou ’n stuk skoon waspapier bo-op droë koekies in ’n digte koekblik. Dit hou die koekies vars.

♦♦♦

Wanneer jy droë koekies bêre, strooi ‘n laag suiker onder in die houer om dit langer vars te hou.

♦♦♦

Onversierde koekies wat begin sag word kan weer bros gemaak word deur dit vir 5 minute by 180 grade te verhit.

♦♦♦

Gebruik die meel spaarsamig wanneer jy koekiedeeg op ‘n meeloppervlak uitrol. Te veel meel kan die koekies hard maak.

♦♦♦

Vir ekstra bros koekies, gebruik bruinbroodmeel in plaas van koekmeel.

♦♦♦

Druk die vurk waarmee jy koekiedeeg platdruk in meel. Dit voorkom dat die deeg aan die vurk vassit.

♦♦♦

Wanneer jy koekies se deeg verseël, bestryk die rande eers met water of melk.

♦♦♦

Indien jy nie ‘n koekiedrukker het nie, kan jy koekies met ‘n glas uitdruk.

♦♦♦

Botter, hoewel duurder as margarien, is altyd beter vir geurige kleinkoekies.

♦♦♦

Maak kleinkoekie deeg ‘n dag voor die tyd aan, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas. So verkry die koekies ‘n beter tekstuur.

♦♦♦

As jy kleinkoekies bak, trek eenvoudig die oondrak oor met tinfoelie, strooi meel daaroor en plaas dan die rou koekies bo-op. Geen bakpanne om agterna skoon te maak nie.

♦♦♦

Verhit koekies langs ‘n koppie water in ‘n mikrogolfoond. Hou hulle klam en verhit dit vinniger.

Koekpanne

Laat altyd ’n minimum 25 mm toe om koekpanne in die oond vir egalige hitteverspreiding.

♦♦♦

Wanneer jy op meer as een oondvlak gelyk bak, ruil die koekpanne halfpad deur die baktyd.

♦♦♦

Voer jou koekiepanne uit met swaardiensaluminiumfoelie voor jy koekies bak. Dit voorkom dat die koekies merke laat.

♦♦♦

As jy kleinkoekies bak, trek eenvoudig die oondrak oor met tinfoelie, strooi meel daaroor en plaas dan die rou koekies bo-op. Geen bakpanne om agterna skoon te maak nie.

Koeksisters

Koeksisters vries goed in lugdigte houers. Haal uit 30 minute voor jy dit wil bedien.

Koekversiersel

Om te keer dat jou koekversiersel versuiker, gooi ‘n paar druppels asyn by wanneer jy dit aanmaak.

Koffie

Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.

Koffiebekers

Week jou koffiebekers oornag in ‘n bleikmiddel om van vlekke ontslae te raak.

Koffiefles

Gooi ‘n paar eetlepels koeksoda in jou koffiefles saam met warm water en laat staan vir ‘n tydjie. Spoel goed uit. Jou fles sal nou silwerskoon wees.

Koffiemasjien

Maak jou koffiemasjien skoon deur wit asyn deur die masjen te laat sirkuleer. Daarna moet die proses herhaal word met skoon water.

Koljander

Voeg koljander by geregte wat brand om ‘n balans aan die smaak te verskaf. As koljander nie beskikbaar is nie maak ‘n mengsel van pietersielie, sprietuie en gerasperde komkommer.

Kolwyntjies
Bak kolwyntjies vir kinderpartytjies in stomp roomyshorinkies.

Kondensmelk

Kondensmelk kan soos room geklop word as dit eers vir 10 minute lank (in die blik) in ‘n pot kookwater warm gemaak word.

Konfyt

Chantelle Geldenhuys: Jy kan ‘n bietjie suurlemoensap by konfyt gooi om sandsuiker te voorkom.

Konfyttertjies

Doop die konfyt in meel voor jy dit in die degie toevou / druk. Dan sal dit nie uitloop nie.

♦♦♦

Mimi het geskryf: Het iemand ´n wenk of voorstel sodat appelkooskonfyt nie sal uitloop by appelkooskonfyttertjies nie?
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)

Kookoliebottel

Sny die onderste deel van ‘n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.

Kool

Kook ‘n paar lourierblare saam met kool indien jy nie van die reuk in jou kombuis hou nie, dan ruik jou kombuis baie lekkerder. ‘n Sny wit brood saam met die kool vat ook die reuk weg.

♦♦♦

Plaas bietjie botter in water waarin kool gekook word, dit sal verhoed dat kool oorkook.

Koper

Sprinkel koeksoda in aangebrande koperpotte en voeg te genoeg water by om die oppervlak te benat. Laat staan vir drie ure en maak dan skoon.

Kosblik

Soms ruik ‘n kosblik muf na baie maande se gebruik. Week ‘n sny brood in asyn en los dit oornag in die kosblik. Was die kosblik die volgende dag.

Koue vleis

Hou koue vleis in tinfoelie sodat dit nie slymerig word soos in plastiek nie.

Kremetart

Plaasvervangers vir 5 ml kremetart is 15 ml suurlemoensap of 15 ml asyn of 3 ml wynsteensuur.

Kristalglas

Om kristalglase weer daai ekstra glans te gee, gooi bietjie ammoniak by hulle waswater. Spoel dit dan af met asynwater.

Kweper

Anita Veldman: Om te verhoed dat ‘n gesnyde kweper verbruin, sprinkel suurlemoensap bo-oor. Sal nie verbruin nie.

Krummels

Om fyn krummels vir gebak te maak, sit koekies in ‘n plastieksak en rol fyn met ‘n koekroller.

Loerierblare
As jy nie loerierblare het vir ‘n resep nie kan jy vars suurlemoenblare in die plek daarvan gebruik.

Maalvleis

Gooi ‘n teelepel by maalvleis wanneer jy dit braai. Dit help om die vet en vleis te skei.

Maaskaas

Die gewone maaskaas in supermarkte hou langer indien jy dit onderstebo bêre.

Masala

Gebruik ‘n mengsel van komyn en koljander, indien jy nie masala het nie.

Mayonnaise

Indien mayonnaise te skerp smaak in ‘n slaai kan jy dit verbeter deur eers joghurt met die slaairoom te meng.

♦♦♦

Indien jy sukkel om die laaste mayonnaise uit die bottel te kry. Gooi ‘n paar druppels van jou gunsteling asyn by. Draai die deksel op en skud.

Meel

Hou meel in ‘n lugdigte houer om dit vars te hou.

♦♦♦

Plaas ‘n lourierblaar in meel om miet uit te hou.

♦♦♦

Bêre enige meel,koekmeel, mieliemeel, ens., in die vrieskas. Dit sal langer vars bly.

Melkkos

Melkkos smaak lekkerder as jy 5 ml vlapoeier daarby inroer.

Messe

Messe van vlekvrye staal bly langer skerp.

Messegoed

Om jou messegoed weer te laat skitter moet jy dit 24 uur lank week in ‘n mengsel van 1 deel bleikmiddel en 2 dele water.

Mielie
As jy ‘n mielie koop moet die blare nog klam voorkom. As dit oud en vergeel lyk is die mielie oud.

Mielieblom

Koekmeel kan as ‘n plaasvervanger vir mielieblom gebruik word, maar jy moet dan dubbeld die hoeveelheid gebruik.

Mieliemeel

Week mieliemeel oornag in water en jy hoef dit net 15 minute lank te kook in die oggend.

Miere

Indien jy ‘n probleem het met miere in jou kombuis sal dit help indien jy al die werksoppervlaktes en kaste uitwas met witasyn.

Miet

Om miet uit jou koskaste te kry moet jy al die kos weggooi wat moontlik miet in het of kan hê. Blikkies kan gehou word, maar die etikette moet afgetrek en weggegooi word. Verwyder die rakke indien moontlik en stofsuig alles. Gaan met ‘n baie warm haardroër deur die kas om te sorg dat elke hoekie en gleufie kurkdroog is.

Mikrogolfoond

Meng 60 ml asyn met 250 ml water en kook dit in die mikrogolfoond. Dit sal aangepakte spatsels los maak en dit makliker maak om jou oond skoon te maak.

Mossels

Wanneer jy mossels koop moet dit ongeveer 450 g per persoon wees. Dit maak voorsiening vir die wat jy gaan weggooi.

Mossels wat oop is, gebreekte skulpe het of na bo dryf gedurende die gaarmaakproses is nie meer reg nie.

♦♦♦

Lewendige mossels moet geëet word op dieselfde dag as wat jy dit gekoop het. Hou hulle in die yskas onder ‘n klam afdroogdoek voor jy hulle gaarmaak.

♦♦♦

Mossels kan gevries word in plastieksakkies.

Muffins

As jy muffins bak en jy vul nie al die muffinholtes nie, gooi water in die res sodat die hitte eweredig versprei kan word.

♦♦♦

Verhit muffins langs ‘n koppie water in ‘n mikrogolfoond. Dit hou hulle klam en verhit dit vinniger.

Muggies

Meng 500 mℓ water met 30 mℓ suiker, 30 mℓ appelasyn en ‘n paar druppels opwasmiddel. Dit sal muggies aantrek. Verwyder ook enige verrotte organiese materiaal uit jou kombuis.

Muskiete

Brand takkies basiliekruid op ‘n braaivleisvuur om muskiete te verdryf.

Olywe

Die vloeistof waarin olywe ingelê is gee ‘n heerlike geur aan vleisgeregte.

Omelet

Voeg ‘n skootjie sjerrie by die eiermengsel vir omelet vir ‘n heerlike smaaksensasie.

Oond

As jou oond nie te vuil is nie, plaas ‘n bakkie met huishoudelike ammoniak in die warm oond. Laat afkoel en maak maklik skoon met wasmiddel.

Indien jy op jou oond mors sprinkel dadelik met sout. Wanneer die oond afgekoel het kan jy dit afvee met ‘n klam spons.

Indien jy op jou oond mors sprinkel dadelik die wasmiddel wat jy gebruik vir jou skottelgoedwasmasjien oor en bedek met klam handdoekpapier. Laat staan ‘n paar uur en vee af met ‘n klam spons.

Pampoen

Om ‘n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ‘n lagie koeksoda.

♦♦♦

As jy weer pampoenkoekies bak, doop eers die skeplepel in die warm olie voordat jy die deeg uitskep. Die deeg sal dan nie aan die lepel vasklou nie.

♦♦♦

Om pampoen makliker te skil – maak ‘n stuk pampoen warm vir 2 minute op hoog in die mikrogolfoond. Skil dan.

Pan

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

♦♦♦

Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn daarin vir ‘n paar minute. Sal ook voorkom dat vasbrand.

Pannekoek

Voeg ‘n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

♦♦♦

Warm melk oor pannekoeke sal verhoed dat hulle taai raak.

♦♦♦

Verwyder die bruin aanpaksel met ´n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

♦♦♦

Verhit pannekoek langs ‘n koppie water in ‘n mikrogolfoond. Dit hou hulle klam en verhit dit vinniger.

Pap

Patricia: “Ek ondervind as ek pap maak en my pap is so amper gaar, voeg 2 rou eiers in jou pap wat nog kook op die stoof, roer dit deeglik deur, los die botter of die bakpoeier om dit fluffy te maak. Die rou eiers maak’ n groot verskil en gee’ n lekker smaak aan daardie pot pap.”

Parmesaan

Waar moontlik gebruik vars gerasperde Parmesaankaas wanneer dit in resepte benodig word, nie die wat jy so koop nie. Dit gee die beste geur.

♦♦♦

Die ideale manier om parmesaan te stoor is toegedraai in ‘n afdroogdoek in die groentelaai van die yskas.

Pasta

Kook pasta in ‘n draadsif of vergiettes in die pot. Sodra dit gaar is, lig jy dit net op terwyl die water in pot agterbly.

♦♦♦

As jou pastasous te waterig en dun lyk, voeg ‘n rou eier by en roer goed net voordat jy dit van die hitte verwyder.

Patats

Voeg ‘n paar lemoenskyfies met skil aan by gestoofde patats vir ‘n heerlike geur.

♦♦♦

Stowe patats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.

Pasta

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer. Dit bevat ook eier en so spaar jy ‘n eier.

Peper

Peper is gebruik om kos te bewaar, voor ys geredelik beskikbaar was.

Pere

Indien jy wil hê jou pere moet gouer ryp raak, sit hulle in ‘n papiersak saam met ‘n appel. Maak ‘n gaatjie aan die bokant en laat staan dit op ‘n warm plek.

Piekels

Piekels moet altyd, wanneer dit geweek word in sout, in ‘n glas of keramiek bak wees.

Piesang

Om te voorkom dat piesangs verkleur in ‘n tert of gereg: gooi kokende water oor ongeskilde piesang en binne oomblikke sal skil begin verkleur. Wag totdat grootste deel van die skil verkleur.Gooi water af, skil af en gebruik soos benodig.

♦♦♦

Bêre groen piesangs in ‘n bruin papiersak in ‘n donker, warm plek om dit ryp te maak.

♦♦♦

Breek jou piesangs los vanmekaar as jy by die huis kom daarmee. Dit sal dan stadiger ryp word, as wat hulle vas aan mekaar is.

Pizza

Gebruik ‘n kombuisskêr eerder as ‘n mes om pizza mee te sny – dit is baie makliker.

♦♦♦

Om oorskiet pizza op te warm, sit dit bo-op die stoof in ‘n nie-kleefbare pan en maak warm op lae hitte.

Plastiekhouers

Het jy plastiekhouers met reuke wat nie wil uit nie. Vul die houers met kookwater en 250 mℓ asyn en laat oornag staan.

Pot

Anoniem: Ek het nou die dag my pap pot verbrand en gesukkel om die swart onder af te krap. My dogter kom daaraan en sy gooi bietjie Domestos met bietjie water in die pot en maak effens warm die swart kom af sonder skuur of enige gesukkel, pot lyk weer normaal.

♦♦♦

Om jou potte en panne blink en skoon te hou, gebruik witasyn en koekie sunlightseep en skuur met staalwol.

♦♦♦

Was jou potjiekospot met warm seepwater, droog af en spuit met Spray-‘n-Cook. Dit voorkom dat dit roes.

♦♦♦

Vir enige potte wat erg aangebrand het gooi een koppie jik of domestos daarin en laat een uur staan en spoel uit. Daar bly nie ‘n teken van brand oor nie.

♦♦♦

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water.

♦♦♦

Citrus soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon.

Radyse

Skud radyse in ‘n fles vol water om hulle deeglik te was.

Ravioli

Moet nooit gaar ravioli in ‘n vergiettes gooi nie. Skep dit uit jou pastapot met ‘n gaaitjieslepel.

Reuke

Anita Marais: Vir onaangename reuke, bv. in yskas, kaste of enige plek. Plaas katsand in tinfoeliebakkies en laat staan dat reuk in sand intrek.

♦♦♦

Plaas ‘n piering met vanielje in die kombuis om van die reuk van gebraaide voedsel ontslae te raak.

♦♦♦

Verwyder reuke in die kombuis deur ‘n kastrol met met asyn en water te kook.

rissie

Voeg ’n paar druppels vanilla-ekstrak by geregte met rissie. Dit neutraliseer die hitte van die rissie effe, maar bring die geur meer na vore.

Roereier

Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.

♦♦♦

Gooi ‘n bietjie mosterd by roereiers, vir meer kleur en geur.

♦♦♦

Die roereiers sal meer wees as vir elke eier ‘n teelepelvol mielieblom bygevoeg word.

♦♦♦

Voeg ‘n skootjie sjerrie by die eiermengsel vir roereier vir ‘n heerlike smaaksensasie.

Rook

Anneke: Indien jy vleis aanbrand en die rook laat jou kombuis stink verhit jy ‘n baie asyn. Gooi dit in ‘n paar bakke en sit dit oral in die kombuis. Laat dit so staan vir ‘n dag of twee. Dan brand jy vanieljekerse.

Room

Twee teelepels heuning in vars room sal help dat die room lekker dik klop.

♦♦♦

Drup lepels geklopte room op waspapier en bevries dit vir daardie koppie koffie later.

♦♦♦

Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by.

♦♦♦

Voeg ‘n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop.

♦♦♦

‘n Plaasvervanger vir 250 ml room is 185 ml melk plus 65 ml botter OF 170 ml karringmelk en 80 ml olie.

Roomys

Sit ‘n klein marshmellow onder in ´n roomyskelkie. Dit sal verhoed dat die kelkie lek.

♦♦♦

Gevriesde roomys sal makliker skep as jy dit vir ‘n halwe minuut in die mikrogolfoond verhit.

♦♦♦

Moenie roomys direk uit die vrieskas probeer uitskep nie. Laat dit minstens 10-20 minute in die yskas.

Rys

Voeg ‘n teelepel droë klapper en ‘n pakkie sampioensop by jou rys vir ‘n heerlike geur.

♦♦♦

Voeg ‘n teelepel asyn by wanneer jy rys kook. Dit maak die rys makliker hanteerbaar.

Safraan

Die blomblare van Skotse gousblomme is ‘n goedkoop plaasvervanger vir safraan in geregte.

Sampioene

Bêre sampioene in ‘n bruin papiersakkie in die yskas. Dit hou langer as in plastiek.

Skaal

Bedek die bak van ‘n kombuis-skaal met kleefplastiek voordat jy die bestanddele daarop weeg. Die bak bly skoon en jy hoef dit nie te was nie.

Skons

Tamatiesap in plaas van melk verleen ‘n soutsmaak aan skons – heerlik met botter en kaas daarop.

Skottelgoedwasser

Om jou skottelgoedwasser skoon te maak gebruik jy ‘n klam lap wat in koeksoda gedoop is. Indien daar nare reuke in jou skottelgoedwasser is sprinkel jy bietjie koeksoda onder in die masjien en laat dit oornag staan.

Vir skoon en blink glase gooi jy 500 mℓ witasyn onder in die skottelgoedwasser, sit gewone wasmiddel in en laat die masjien loop.

Slaai

Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie.

Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ´n bak yskaswater te plaas; nie yswater nie.

Slaaisous

Gebruik die soetsuur vloeistof van piekelagurkies om ‘n lekker slaaisous te maak.

Indien jy sukkel om die laaste slaaisous uit die bottel te kry. Gooi ‘n paar druppels van jou gunsteling asyn by. Draai die deksel op en skud.

Smoor

Smoor is die beste gaarmaakmetode vir goedkoop vleissnitte en taai wild.

Alle gesmoorde vleis moet eers gemarineer word voor dit gaargemaak word.

Snoek

As snoek te sout is, week dit oornag in koue water en kook die volgende dag vir ‘n rukkie in vars water. Moenie weer sout byvoeg nie.

Snybord

Om jou hout snybord te ontsmet moet jy dit afvee met wit asyn.

Sop

Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur ‘n doek wat goed natgemaak is in koue water.

Sosaties

As jy beplan om sosaties te berei, smeer eers ‘n bietjie olie aan die stokkie. Dit sal baie makliker deur die bestandele steek.

Sous

Gebruik kits kapokaartappels om sous of sop te verdik.

Gooi ‘n bietjie suurlemoensap by ‘n sous wat te soet is.

Om sous mooi bruin te maak, kan jy een teelepel kitskoffie byvoeg. Dit verander nie die smaak erg nie, net die kleur.

Die geur van menige sous of sop word opgekikker met 5 mℓ asyn.

Sout

Plaas ‘n rou aartappel in jou sop/bredie indien jy te veel sout ingegooi het. Die aartappel absorbeer die ergste soutsmaak.

Wanneer gereg te sout is gooi bruinsuiker by.

Gooi ‘n paar ryskorrels in die soutpotjie om te verhoed dat die sout klonterig raak in klam weer.

Om sout wat in potjies vassit los te kry, plaas potjie eers ‘n paar minute in lou oond.

Sout vleis voor jy dit kook. Dit help om die natuurlike suikers van die vleis te karamelliseer, wat die vleis sappig en geurig maak. Gebruik growwe sout.

Soutwater vat langer om te kook, so gooi die sout eers by wanneer die water kook vir byvoorbeeld pasta.

Hou altyd ‘n houer tafelsout gereed by die stoof. Sou ‘n pan of kastrol met vet of olie vlam vat kan jy dit smoor deur sout daaroor te gooi.

Soutvleis

Sit ‘n stukkie suurlemoen in die water waarin soutvleis gekook word. Dit laat die vleis gouer sag word.

Spek

‘n Paar druppels vars suurlemoensap by die ontbytspek gee ‘n heerlike geur.

Spinasie

Spinasie was gouer skoon in soutwater.

Kook spinasie met die deksel af om die kleur mooi groen te hou.

Springmielies
Mikrogolf jou springmielies in ‘n bruinpapiersak. Dit is baie goedkoper en gesonder as die gekoopte soort.

Stoof

Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn.

Stroop

Red stroop wat versuiker het deur die deksel af te haal en dit 30 sekondes op hoog te mikrogolf. Roer dan tot die sandsuiker opgelos is. Let asseblief daarop dat jy dit nie met plastiekhouers kan doen nie.

Suiker

Suiker en botter sal gouer meng as ‘n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

Bruinsuiker wat hard geword het, kan weer sag gemaak word deur dit ‘n paar dae in die yskas te hou.

Gebruik 200 ml heuning of gouestroop as plaasvervanger vir 250 ml suiker.

Suurlemoen

Laat lê ‘n suurlemoen in warm water voor jy dit uitdruk. Jy sal meer sap kry.

‘n Plaasvervanger vir 5 ml suurlemoensap is 3 ml asyn.

Suurroom

Om vinnig suurroom te maak – neem vars room en voeg ‘n bietjie karringmelk of suurlemoensap by. Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.

‘n Ander Plaasvervanger vir 250 ml suurroom is 250 ml melk plus 20 ml suurlemoensap of 15 ml asyn.

Swartsakke

Swartsakke vir die asblik is altyd in ‘n gemors. Die ene wat nie op die rolle is nie. Soos jy dit oopvou uit die vierkantige gevoude bundel, draai dit net langwerpig, hang dit op ‘n hanger wat jy agter jou kombuisdeur het, en die sakke kom een een netjies op ‘n keer van die hanger af. (Cathy Jordaan)

Tamarinde
Indien jy nie tamarinde kan kry nie, gebruik ‘n bietjie karringmelk gemeng met asyn.

Tamaties
Maak groen tamaties ryp deur hulle in ‘n nat afdroog-doek toe te draai en in ‘n papiersak te sit.

Tamatieslaai
‘n Bietjie suiker by tamatieslaai verbeter die smaak.

Toffielekkers
As jy toffie lekkers of fudge maak, giet die warm mengsel in platiek ysbakkies wat jy vooraf met margarien gesmeer het.

Tong
Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.

Tupperware

Smeer jou taai of gevlekte Tupperware met ‘n pasta van koeksoda en laat dit oornag staan.

Voorkom vlekke en klewerigheid deur die houers dadelik af te spoel nadat jy dit gewas het.

Turksvy

Turksvypitte verhard indien jy dit verhit. Druk die turksvy deur ’n sif om die pitte te verwyder, voor jy dit gebruik in ’n gereg waar hitte betrokke is.

Verwyder turksvydorings deur die vrug versigtig te vryf met ’n dik growwe lap.

Die blare van die turksvy kan as slaai gebruik word.

Ui

Die reuk van ‘n ui wat aan hande kleef nadat daarmee gewerk is kan geneutraliseer word deur ‘n mens se hande met bietjie koffiepoeier te vryf nadat uie hanteer is. Was hande daarna gewoon en siedaar die uiereuk is verbloem. (Yolandi Hall)

Wanneer jy die ui klaar geskil het en voordat jy die ui in stukke sny, spoel hom eers af met water, dit sal al die sappe wat jou oë laat brand afspoel. Jy kan ook jou neus toehou met een of ander knyper, sodat jou neus nie die walms kan opvang nie.
As jy klaar uie gesny het, spoel jou hande deeglik af, want anders kan jou oë tog na die tyd brand.

Sit twee vuurhoutjies met die koppe na buite in jou mond terwyl jy uie skil. Die swael absorbeer die uie se brand.

Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.

Vryf jou hande met droë mosterd om van uie-reuk ontslae te raak.

Gooi ‘n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

Vanielje / Vanilla

Dit is ‘n natuurlike versoeter en beklemtoon die geure van groente.

Sny ‘n vanillapeul deur en plaas dit in ‘n bottel olyfolie. Gebruik die olie om vleis, pluimvee en vis mee te geur

Vark

Sprinkel ‘n bietjie neutmaskaat oor varktjops voordat dit gaargemaak word. Dit verleen ‘n baie lekker smaak, en neem die wilde smaak van vark uit.

Fyn gemmer verleen ‘n besondere geur aan potgebraaide varkvleis.

Hou varkvleis in die plastiekverpakking tot jy dit gebruik. Indien die verpakking gebreek is hou dit op ‘n bord en vou dit toe met waspapier of foelie. Dit sal 3 tot 5 dae in die yskas hou.

Vasgebrande kos

Kos wat vassit in ‘n kastrol of pan kan losgemaak word deur 2 eetlepels koeksoda daarin te gooi en dit vol te maak met warm water. Laat staan ‘n tydjie.

Versiersuiker

As jy ‘n koek se versiersuiker te slap aangemaak het en jou versiersuiker is op, voeg bakpoeier of mielieblom by om dit stywer te maak.

Vet

Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vet spat.

As jou sous vir die ete te vetterig is, sit ‘n ysblokkie daarin vir ‘n minuut of twee. Die vet sal om die ys vasplak en kan dan verwyder word.

Vis

Om beslag lekker aan vis te laat kleef, voeg ‘n bietjie asyn by die beslag.

Om die velletjie van vis te verwyder, plaas dit met die vel na bo onder ‘n warm rooster. Die vel sal hard word en maklik aftrek.

Volg die raad vir vis wat te maklik vlok en te fyn kook: Vryf die filette met sout in en laat vir ten minste 10 minute lê. Spoel die vis af met yskoue water. Gebruik nou soos gewoonlik. Die sout maak die vis effens gaar en daarom behou dit beter vorm tydens die kookproses.

Week vis in ‘n mengsel van witasyn en water voor jy dit gaarmaak. Die vis se vorm bly dan beter behoue gedurende die gaarmaakproses. As jy vis posjeer kan jy 15 ml witasyn in die water gooi om te help dat die vis nie so gou breek nie.

Viskerrie

Jy kan kerrie maak van enige vis, maar ‘n sterk kerrie is veral geskik vir vis met donker vleis, soos tuna of ansjovis.

Visreuk

Verwyder ‘n visreuk van jou hande deur dit met suurlemoen en sout te was.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Vla

‘n Skeppie appelkooskonfyt by ‘n bak vla ingeroer sal dit heerlik opkikker en die smaak aangenaam verander.

Gebruik karamelbruinsuiker as jy weer vla aanmaak vir ‘n heerlike karamelagtige smaak.

Gooi ‘n stukkie botter in vla – dit voorkom dat dit ´n velletjie maak.

Vleis

Sout vleis voor jy dit kook. Dit help om die natuurlike suikers van die vleis te karamelliseer, wat die vleis sappig en geurig maak. Gebruik growwe sout.

Gooi suurlemoensap by vleis om dit sag te maak.

‘n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.

Marineer taai vleis in gelyke hoeveelhede marinade en asyn.

Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf en sal dit sag maak.

Gooi asyn by vleis om dit sag te maak.

Vleispasteie

Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.

Vleissous

Maak ‘n vleissous vetvry deur dit vooraf te berei en in die yskas te laat afkoel. Die vetterigheid sal stol en kan dus maklik afgeskep word.

Vlekvrye staal

Vlekvrye staal kan wel vlek. Vryf die vlek met ‘n lappie wat in brandspiritus geweek is. Spoel af met koue water.

Gebruik ‘n sagte lap en witasyn om vlekvry staal mee skoon te maak.

Vlekke

Warm seepwater is die beste raad vir vlekke op tafellinne.

Nat sout verwyder die vlekke van koppies en pierings.

Verwyder vrugtevlekke van jou hande deur dit met asyn te was.

Voedselverwerker

Om jou voedselverwerker skoon te maak laat jy die masjien werk met warm water en ‘n paar druppels opwasmiddel.

Volstruiseier

Dit neem omtrent 40 minute om ’n volstruiseier hard te kook.

Vries

Vries oorskiet kos, dubbele porsies en sop in ‘n vierkantige plastiekhouer (bv. Tupperware houer). Nadat dit hard is, druk dit uit die houer en draai toe in kleefplastiek. Jy het dan nie ‘n klomp houers in die vrieskas wat spasie opmaak nie en jy kan die houers weer vir iets anders gebruik. (Alta Jooste)

Vrieskas

Om ‘n vrieskas maklik en gou skoon te maak. Smeer gliserien aan die kante nadat dit skoongemaak is en volgende keer sal die ys aanpaksels gou groot stukke afval nadat dit begin afsmelt en dan kan die groot stukke weggegooi word en jy sit nie met ‘n klomp water om op te droog nie. Moet net nie die ys op plante gooi nie, dit sal die plante brand. Laat eers in ‘n houer afsmelt tot kamertemperatuur voor jy die water op die plante gooi. (Alta Jooste)

Vrugte

Kook engelkruid se blare saam met suur vrugte om die smaak te neutraliseer.

Vrugtevlieë

Meng 500 mℓ water met 30 mℓ suiker, 30 mℓ appelasyn en ‘n paar druppels opwasmiddel. Dit sal vrugtevlieë aantrek. Verwyder ook enige verrotte organiese materiaal uit jou kombuis.

Indien jy ’n probleem het met vrugtevlieë in die kombuis. Plaas ’n koeldrankdoppie vol vanilla-ekstrak naby aan die vlieë.

Vullisblik

Sit bietjie katsand onder in jou vullisblik as dit ruik. Vervang wanneer klam.

Hou die vullisblik higiënies deur kalk en amoniak op die bodem te gooi.

Wasbak

‘n Wasbak van vlekvrye staal kan jy goed laat blink deur dit te was met sodawater en witasyn. (Lalie)

Roesmerke op ’n wasbak kan jy behandel deur die vloeistof wat vir sigaretaanstekers gebruik word daarop te spuit. Maak dan skoon met jou opwasmiddel.

Indien daar onaangename reuke by jou wasbak is, gooi ‘n koppie asyn in die drein en laat vir 30 minute staan. Spoel agterna met koue water.

Watervlek

Indien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het, vul die houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)

Weense worsies

Hou Weense worsies in tinfoelie sodat dit nie slymerig word soos in plastiek nie.

Wors

Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.

Wortels

Indien jy wortels in slaai gebruik, en dit is nie baie jong wortels nie, gebruik net die buitenste gedeelte. Jy sal sien die binneste pit is ligter van kleur. Dit het nie baie geur nie. Hou dit eerder vir sop en aftreksel.

Wyn

Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.

Yskas

Vryf jou yskas se rubber een maal per maand met gliserien. Dit verhoed dat dit hard word en barste vorm.

Gooi bietjie vanielje by die water waarmee jy die yskas skoonmaak. Dit help om onaangename reuke te verwyder.

‘n Oop dosie koeksoda hou onaangename reuke uit die yskas.

Om te verhoed dat swamme posvat in jou yskas kan jy dit van tyd tot tyd uitvee met wit asyn. Die res van die tyd kan jy jou yskas was met gelyke dele water en wit asyn.

Gooi 250 mℓ appelasyn in ‘n glas en plaas in die yskas om slegte reuke te verwyder. Na 2 dae is die reuke weg.

Los ‘n paar druppels vanilla-ekstrak oop in die yskas om reuke te verwyder.

Bron: Kookuns




SUGAR FREE CREAMSODA

creamsodatested

SUGAR FREE CREAMSODA
DIABEET EN VERSLANKER VRIENDELIK
Sugar Free Cream Soda DIY – Lekker Suikervrye Groen Ambulans —- YAY !!
1 bottle sparkling water
1 tablespoon vanilla essence, or vanilla extract for the more authentic flavour
1 drop rose extract, or rose water to taste
Sweetener to taste
1 drop green colouring
Mix the ingredients, making sure to keep on tasting all the way. The vanilla is the most important and don’t overdo the rose extract. It might take experimenting to get it right, but even my failures were satisfying enough🙂

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




AMARULA CHEESECAKE

kaaskoektested

AMARULA CHEESECAKE
200 grams digestive biscuits (about 13 biscuits)
100 grams butter, melted
200 ml whipping cream (very cold)
150 ml Amarula cream liqueur (if you’re stuck, you can use Cape Velvet or leave out the booze for a plain no-bake cheesecake)
4 teaspoon gelatine powder
500 grams cream cheese, softened to room temperature
130 grams caster sugar
30 grams dark chocolate, melted

9-inch springform pan

Smash up the biscuits into smithereens!
Melt the butter and mix it into the crumbs until it feels a little mushy, squishy, and pliable.
Press the mixture into a 9-inch springform pan until it’s a pretty firm and even layer, and then pop it into the freezer.
Whip the cream into stiff peaks (but don’t go too far and make butter.)
Place the booze and the gelatine into a bowl and leave it to stand for 3 minutes. Then place the bowl into a pan of boiling water and heat the mixture until all the gelatine has dissolved.
Beat the sugar and cream cheese until light and fluffy.
strain the gelatine and liqueur mixture into the cream cheese and sugar mixture, and mix together gently. (delicate process)
Fold in the whipped cream.
Take your frozen base out the freezer and spoon on the cheesecake filling.
Melt your chocolate and drop small (10 cent piece size) drops onto your mixture. Use a toothpick to make swirly whirly’s and get carried away.
Refrigerate for a minimum of 5 hours or overnight if possible.
Photo: Marlé Brits