FLOPVRYE KERSKOEK


FLOPVRYE KERSKOEK
Ook bekend as due NEVER FAIL CHRISTMAS CAKE
Food Lovers Market se vrugtekoekmengsel kan gebruik word in plaas van die sultanas, korente, skil en rosyntjies.
Kook die volgende saam vir 20 minute oor lae hitte:
500 g botter of margarien
2 koppies korente
2 teelepel koeksoda
2 teelepel kaneel
2 koppies suiker
2 koppies rosyne
2 koppies sultanas
2 teelepels gemmer
½ teelepel neutmuskaat
2 koppies water

Laat staan om af te koel en voeg dan die volgende by:
500 g kersies
500 g gekapte dadels
1 koppie gemengde skil
1 koppie gekapte pekanneute
Voeg nou die volgende by:
4 koppies gesifte koekmeel
4 eiers goed geklits
4 teelepels bakpoeier
1 koppie lemoen marmelade
Voer koekpanne baie goed uit.
Stel oond op 220°C.
Draai af na 120°C en bak vir 3½ tot 4 ure.
Plaas ‘n deksel bo-oor koek en moenie afhaal voor laaste halfuur nie.

Resep: Joey Hammond De Lange