WILDEBEES KASTAIINGS


WILDEBEES KASTAIINGS
Braai 125 g egte botter uit vir ghee
Stroop:
375 ml suiker
250 ml water
suurlemoensap na smaak
Kook alles saam.
Deeg:
500 ml koekmeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
sout
Sif alles saam en vryf 3 teelepels ghee in.
Klits saam:
1 eier
125 ml water
125ml melk
Voeg by meelmengsel.
Knie goed deur, dis ‘n redelike stywe deeg.
Verdeel in 6.
Rol elke deel baie dun uit.
Smeer ghee oor elke uitgerolde deel en strooi Maizena oor.
Stapel opmekaar MAAR MOENIE BOONSTE EEN SMEER OF MAIZENA STROOI.
Rol nou as een uit so dun moontlik
Rol op soos rolkoek en sny wieletjies.
Druk elke ringetjie plat met rolstok en bak in warm olie.
Smeer goed met stroop.
Resep geplaas deur: Annetjie van Huyssteen