POEDING LEKKER PATATS


POEDING LEKKER PATATS
Patats wat amper proe soos poeding.
WAARSKUWING: Maak genoeg dit gaan vinnig opgeeet word.
Kook patats half gaar met bietjie water.
Gooi water af.
Sprinkel donker bruinsuiker oor en klontjies botter met bietjie stroop of heuning (ek verkies heuning dan proe dit nie so erg soet nie) en laat begin kook.
Gooi nou bietjie melk en so kwart tot half teelepel koeksoda by afhangende van hoeveel patats jy het en prut verder. Dit maak ‘n skuim sous in die begin wat sal afkook na ‘n lekker sous toe.
Geplaas deur Tersia Brink