OMGEKEERDE MIELIEPAPKOEK
1 ½ koppies mieliemeel
1 pakkie sampioen soppoeier
1 ½ koppies water, waarby klein bietjie olie gevoeg is
1 blikkie gemengde groente
100 g ontbytspek, in stukkies gekap
klein knippie sout, na smaak
Meng die meel en soppoeier en maak ‘n slap pasta aan met ‘n bietjie van die oliewater. Bring die ander oliewater tot kookpunt en voeg die knippie sout en meelmengsel by en roer goed deur.
Stel die hitte laer en prut die pap vir ongeveer 30 minute terwyl dit gereeld geroer word.
Braai die spek tot gaar en voeg dit, saam met die gemengde groente, wat goed gedreineer is, ongeveer teen die helfte van die kooktyd, by die pap en roer deeglik.
Wanneer die pap gaar en styf is, skep dit uit in ‘n springvormpan en laat dit heeltemal afkoel. Plaas ‘n bord oor die pan en draai die pan om sodat die pap kan uitgly. Indien dit nie los uitkom nie, maak die kante van die pan oop en lig dit van die papkoek af. Bedien met ‘n tamatiesmoor.
Nota:
Most of us are familiar with the maize meal paptert. However, Abongile Monki showed us an interesting way to make a maize meal cake. “Boil water in a pot, add mixed veg, pinch of salt, oil and then add your maize meal. Stir until combine. Cover with lid until ready. Remove the lid, cover with a plate and turn upside down.”
Thank you very much Abongile. I used the idea and made a new recipe round it.
Because I was worried that I wouldn’t be able to get the cake out of the pot, I’ve put it in a spring form pan to let it cool. Here is my version of the Mieliepap Koek.
Resep geplaas: Trudi Lambrechts-Botha
One thought on “OMGEKEERDE MIELIEPAPKOEK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
http://yourrecipeblog.com/recipes/omgekeerde-mieliepapkoek/