LEKKERBEK GROENTESOP


LEKKERBEK GROENTESOP
1 kg bees skenkels
1 pakkie Ministrome sop poeier
6 liter water
3 wortels geskil en gerasper
3 aartappels geskil en gerasper
1 groot ui fyn gekap
1/2 koppie hawermout (ek los dit uit)
2 koppie macaroni stukkies
Sout en peper na smaak
1/4 eelepel kerriepoeier
1 blik tamatiepuree (410 g)
30 ml pietersielie (opsioneel) ek los dit uit
Ek sny spekstukkies by
Kook vleis in water tot sag. Voeg wortels aartappels en ui by en kook tot sag
Jy kan vet afskep as jy wil
Voeg macaroni en soppoeier by laat kook vir 25min
Geur met sout peper en kerriepoeier
Voeg tamatiepuree by en kook nog 10 min
Ek gooi al die geurmiddels saam die soppoeier en macaroni sommer by
Resep geplaas deur: Leone Barnard du Toit