KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK


KAASKOEK MET KARAMEL KONDENSMELK
Kors:
1 ½ pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
125 ml gesmelte botter
Meng die bogenoemde en druk vas in ‘n bak.
Vulsel:
2 houers maaskaas (250g elk)
1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap
Meng die bogenoemde bestanddele saam en skep op die kors.
Bak vir 20 min teen 180°C.
Nadat die kaaskoek heel afgekoel het, smeer die karamel kondensmelk bo-op.
Resep geplaas deur Lize-Mari Rossel