ELMARIE SE OLYWE


ELMARIE SE OLYWE
Sny n gleuf in elke olyf.
Laat vir 7 dae in vars water lê.
Vervang water elke dag.
Gooi in ‘n bak met lae growwe sout tussenin vir 3 dae.
Gooi elke dag water af.
Spoel deeglik af.
Laat vir 3 dae in vars water lê. Spoel af.
Gooi nou olywe in flesse. Vul elke fles met die volgende mengsel:
Verhit 4.5 liter water en los 330 g sout daarin op. Laat afkoel. Voeg 250 ml asyn by.
Vul elke botteltjie daarmee tot so amper vol.
Gooi lagie olyfolie bo-op. Seël en laat staan vir 3 maande.
Ek voeg nog knoffelhuisies en roosmaryn takkies by elke bottel.
Geniet..
Geniet deur Renate Strydom Engelbrecht