KERSIE-BESKUIT


KERSIE-BESKUIT
1½ kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
500 ml karringmelk
3 eiers
375 ml suiker
375 ml kersies, kleiner gesny
Meng suiker, karringmelk en eiers en klits goed.
Smelt botter.
Meng nou al die bestanddele saam en knie deeg goed.
Sit in beskuitpan en bak by 180 °C vir so 45 minute of tot gaar.
Haal uit oond en sny in stukke, plaas op rakke in oond en droog beskuit uit by 100 °C vir ongeveer drie ure. Laat beskuit in oond afkoel sodra dit droog is.
Pak in lugdigte houers.
Resep geplaas deur: Karin Blignaut.