WORTELKOEK MET BRUISMEEL
4 eiers
500 ml suiker (ek het helfte gebruik)
250 ml olie
625 ml bruismeel (ek het koekmeel gebruik met 4 teelepels bakpoeier)
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
1 ml sout
750 ml gerasperde wortels
Klits die eiers en suiker saam tot romerig, voeg olie by en klits goed.
Meng droë bestanddele en voeg by eiermengsel.
Voeg wortels by en meng liggies.
Skep in twee panne en bak 40 min op 180 °C tot gaar.
Keer uit en laat afkoel.
Versiersel:
100 ml sagte botter
700 ml versiersuiker
200 ml gladde maaskaas
2 ml vanila
Meng botter en versiersuiker deeglik.
Voeg vanilla en maaskaas by en meng tot glad. Indien dit nie mooi bond of glad is nie, gooi nog versiersuiker by.
Smeer tussen en buite om koeke. Ek het donker sjokolade oor gerasper.
Resep en foto: Mclouwrens De Beer