VINNIGE SJOKOLADE BRUINPOEDING
“Ons weergawe van ‘n vinnige Choc bruinpoeding (soortgelyk aan Asyn/Jan Ellis-poeding). Ons verdubbel die resep altyd.”
1 koppie melk
1 koppie koekmeel
½ koppie kakao
1 eier
1 koppie suiker (ek het ¾ koppie gebruik)
1½ eetlepels konfyt, soort konfyt eie keuse
1½ eetlepels asyn
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
bietjie melk
sout
Sous:
¼ koppie botter
¾ koppie suiker (ek het ½ koppie gebruik)
½ koppie kakao
1 koppie water
250 ml room
½ eetlepel vanielje-essens
Meng al die droë bestanddele en dan al die nat bestanddele, sonder koeksoda en bietjie melk. Klits goed. Meng koeksoda en melk laaste en voeg by. Bak 30 minute teen 180 °C. Kook sous en versprei bo-oor tert wanneer dit uit oond kom. Bedien met room/vla/roomys.
Resep: Jenel Ralph van Wyk.