OREO KOEKIES

OREO KOEKIES
1 koppie sagte margarien
1 koppie suiker
1 eier
1 teelepel vanilla
2 koppies koekmeel
¾ koppie kakao
1½ teelepel bakpoeier
sout
Meng margarien en suiker tot liggeel, Voeg eier en vanilla by. Meng goed.
Sif meel, kakao, bakpoeier en sout. Voeg bietjies by eiermengsel. Maak toe met plastiek en laat rus vir ‘n uur.
Oond op 180°C .
Rol versigtig uit want dis baie bros en druk uit. Bak 12 min.

Vulsel:
½ koppie margarien
5 ml vanilla
2 eetlepels melk
3-3½ koppies versiersuiker
Meng goed saam en plak die koekies twee-twee op mekaar.
Lekker bak xxx
Resep geplaas deur Tertius Anya De Jager