WENNER BLACKFOREST NAGEREG
1 sjokolade swiss rol
2 houer gladde roomkaas
1 teelepel vanilla essence
1 koppie suiker
1 groot blik swart kersies, dreineer sous
3 groot sjokolade Flakes
sprinkle neute
kersie liqueur of sjerrie
1 houertjie styf geklitste room
Sny sjokolade rolkoek in skywe en voer die bodem en kante ” rante” van ‘n mooi ronde nagereg glasbak tot bo uit. Sprinkel mildelik met liquer oor rolkoek. Klits in n bak die roomkaas, suiker en vanilla. Maak die blik kersies oop en dreineer die sap, hou n paar eenkant. Vou die die res van die kersies deur die roomkaas, skep dit nou versigtig bo op rolkoek en maak mooi gelyk tot bo by die rante van die bak . Plaas nou die oorblywende kersies bo op vir ekstra versiering, Sprinkel ‘n laag sprinkel neute bo oor.
Klits room tot styf en spuit n paar room rossette al om die rand van die nagereg.
Sprinkle nou die Flake sjokolade in die middel van die nagereg .
Plaas in Yskas tot bedien.
Resep: Yvonne Jones