PYNAPPEL VRUGTEKOEK


PYNAPPEL VRUGTEKOEK
125 ml sagte kunsbotter
250 ml suiker
1 blik (410 g) fyn pynappel
5 ml gemengde speserye
500 g vrugtekoekmengsel
5 ml koeksoda
2 eiers, geklits
500 ml bruismeel
2 ml sout
Voeg kunsbotter, suiker, pynappel, gemengde speserye en vrugtekoekmengsel in
gesmeerde, groot kastrol. Roer tot suiker opgelos is en kook saggies vir drie minute. Haal van stoof af. Roer koeksoda by. Sif bruismeel en sout en roer saam met geklitste eiers in pot. Skep in bakpapier uitgevoerde, gesmeerde groot koekpan, of twee kleiner broodpanne. Bak by 180 °C tot gaar; ongeveer 50 – 60 minute.
Resep: Sonia Loram.