FRIKKIE SE GRANADILLA TERT


FRIKKIE SE GRANADILLA TERT
1 blik kondensmelk gemeng met ½ teelepel wynsteensuur
Klits die volgende by die kondensmelkmengsel tot glad:
1 koppie roomkaas
1 slab gesmelte Milky Bar
1 groot houer Grenadilla moes
1 pakkie granadillajellie aangemaak met net die kookwater, afgekoel tot lou
Meng tot glad en vou 2 koppies styfgeklitsde room in. Giet in bak en laat stol in yskas.
Maak nog ‘n pakkie granadillajellie aan met net die kookwater en gooi ‘n groot houer granadillamoes by. Laat staan tot dit lyk soos rou eierwit en giet oor die gestolde mousse.
Meng nog 1 blik kondensmelk met ½ teelepel wynsteensuur en giet oor die jellielaag.
Versier met wit sjokoladekrulle

Resep:  Frikkie Jones