WILLEM SE TREFFER VRUGTEKOEK


WILLEM SE TREFFER VRUGTEKOEK
Hier is my resep vir ń HEERLIKE vrugtekoek.
Die resep kom al baie jare saam my en glo my dis heerlik en vrek maklik om te maak.
750 g vrugtekoekmengsel
110 g kersies grof gekap
100 g pekanneute grof gekap
50 g versuikerde lemoenskil
300 ml water
1 koppie suiker
175 g wooden spoon/stork bake
15 ml kakao poeier
10 ml gemengde speserye

Gooi als in ń pot en verhit tot kookpunt. Sodra dit borrel kook vir 5 minute en laat afkoel.
Sodra mengsel afgekoel het voeg volgende by:
2 koppies koekmeel
2 eiers
5 ml koeksoda
Meng als goed.
Plaas bakpapier onder in jou pan en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Bak @180 ºC vir 1uur 30 min of tot toetspen skoon uitkom.
Sodra koek uit oond uit kom sprinkel met 60 ml brandewyn.
Lewer 1 koek van ongeveer 20 cm
Resep en foto: Willem Bierman