KERSPOEDING OF DOEKPOEDING


KERSPOEDING OF DOEKPOEDING
Uit my ouma se Baie ou resepte boek. Vir die wat nie die foto kon oopmaak nie.
2 koppies meel
1 koppie suiker
1 koppie sultanas of dadelik
1 koppie botter of botter en vet saam
1 koppie melk
Sitroenskil fyngesny (nie seker van hoeveelheid nie) so 1/3 pd.
Bietjie sout
4 eiers geklits
2 teelepels koeksoda

Roer meel, suiker, botter en vrugte alles alles bymekaar en voeg dan geklopte eiers by dan die melk, waarvan n bietjie warm gemaak is. In die bietjie warm melk word dan die koeksoda geroer. Meng alles goed met die meel en gooi in goed gesmeerde vorm.
Kook of stoof 2 en half uur tot 3 uur in doek.
Sous:
1 beker kookwater
1 koppie suiker
Lemoenskil, lemoen geursel of wyn
Kook goed saam voeg bietjie maizena by, en vlapeoer en 1 eetlepel botter by.
Moenie vergeet om die gekookte toegedraaide muntstukkies in deeg te sit nie.

Resep:  Joan Du Toit