TIENKIETERT
1 boksie tinkies
1 boksie orley whip
1 blik karamel kondensmelk
1 pak grondboontjie brittle
Neem ‘n diep bak. Sny die tinkies in skywe en pak die dit uit op die bodem van die bak.
Klits die orley whip styf en meng die karamel kondensmelk by.
Smeer ‘n laag van die mengsels op die tinkies.
Herhaal die lae.
Strooi fyn gebreekte grondboontjie ‘brittle’ oor.
Plaas in yskas tot styf.
Resep: Nicoline Crafford