VINNIGE MACARONI EN KAAS


VINNIGE MACARONI EN KAAS (varsity kos)
500 g macaroni
6 eiers
¾ koppie melk
1 handvol grof gerasperde cheddar kaas
sout, braaivleis speserye en peper na smaak
1 ekstra koppie kaas vir bo-oor sprinkel

Kook macaroni tot gaar. Meng melk, eier, kaas, speserye, sout en peper eenkant lekker deur. Gooi eiermengsel by die gaar macaroni. Gooi dan die macaroni inhoud in ‘n gesmeerde oondskottel.
Bak vir 45 minute op 180 ºC of tot eiermengsel mooi gaar is.
Net so voor jy dit uit die oond uithaal kan jy kaas bo-oor sprinkel en dit net lekker laat smelt.
Jy kan ook skyfies dun rou uie tussen die macaroni indruk of selfs skywe tamatie bo-op pak net voor jy dit in die oond sit. Bedien met slaai.
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira