VIERKANT PIZZA


VIERKANT PIZZA
DEEG.
4 koppies koekmeel
1 pakkie groen kitsgis
10 ml suiker
10 ml sout
Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak.
Meng dit met louwarm water tot n sag hanteerbare deeg.
Knie vir 8-10 minute (Dit moenie aan jou hande vas sit nie.)
Laat rys tot dubbel sy grootte.
Rol deeg nou uit.
Sny vierkant vorm uit die deeg uit.
Laat rus eenkant.

SOUS:
1/2 koppie tamatiesous
1/2 koppie sweetchillie sous
1/2 koppie bladjang
Meng alles goed saam,en gebruik dit as die sous op die pizza.

VULSEL
1 pakkie spek
‘n paar russians
‘n paar viennas opgesny
‘n paar stukke ham
‘n paar stukke salami
1 blik pynappel
Pak nou die vulsel verspreid op die pizza sous.
Rasper Mozzarella kaas lekker dik op die pizza.
Sprinkel nou origanum bo-oor.
Bak pizza in ‘n voorverhitte oond van 180ÂșC, tot kaas lekker gesmelt is.

Resep en Foto: Elsonia Badenhorst.