TUISGEMAAKTE PASTA VIR LASAGNE


TUISGEMAAKTE PASTA VIR LASAGNE
2 koppies koekmeel
2 groot eiers
4 eetlepels water

Maak ‘n holte van die meel. Breek eiers oop en sit in die holte met een eetlepel water. En werk dan al hoe meer van die meel by met die hande. Vou dit gereeld terug op homself en sit elke nou en dan ‘n titseltjie water by.
Bewerk die deeg so 15 minute lank. (Is nogal ‘n taaierige besigheid aan die begin, maar dit word beter)
Maak dan ‘n bal, draai toe in kleefplastiek en laat ten minste 30 minute in yskas rus voor gebruik.
Rol uit met pastamaker tot ‘n dikte van 1 tot 1.5 mm. Gebruik in lasagne soos verkies.
Vraag:
As mens nie ‘n masjien het nie kan mens dit net dun uitrol?
Antwoord:
Baie jare terug het ek dit so gedoen. Jy moet dan eerder kleiner stukkies deeg afsny, want dit raak ongemaklik. En jy moet gereeld dubbeld vou en met meel sprinkel. Jy werk na ‘n dikte van ongeveer 1 tot 1.5 mm.

Resep en foto: Belinda Havenga