PAMPOEN BALLETJIES VIR HONDE


PAMPOEN BALLETJIES VIR HONDE
½ koppie gaar pampoen
4 eetlepels molasses
4 eetlepels water
2 eetlepels olie
2 koppies volgraan meel
¼ teelepel bakpoeier
¼ eelepel koeksoda
1 eelepel kaneel, opsioneel

Verhit oond tot 180 °C.
Meng nat bestanddele.
Voeg droë bestanddele by en roer tot deeg glad is.
Skep vet lepels vol en rol in balletjies met hande (nat hande werk beste).
Plaas op bakpapier en druk effe plat met ‘n vurk.
Bak ongeveer 25 minute tot koekies hard is.

Resep: Marietjie Botha