MAKLIKE EN HEERLIKE ROOTIE
Miskien issit al oppie blog maar die is ‘n heerlike rootie resep uit pnp se kook en kuier boek.
Ek het van gistraant se oorskiet poikie op so ‘n oorskiet rootie geskep saam met ‘n bietjie plein jogurt en was nóg lekkerder as gisteraand.
Meng 4 koppies koekmeel en een teelepel sout in ‘n bak.
Voeg een eetlepel canola olie en een en ‘n halwe koppie water bietjies bietjies by en meng om ‘n deeg te vorm.
Knie die deeg op ‘n liggies meel bestrooide blad vir 5 tot 8 min.
Bedek met ‘n klam vadoek en laat rus vir 10 tot 15 min.
Rol die deeg uit in ‘n groot skyf van 1 mm dik (ons het dit in twee gedeel) en verf oral met sagte botter en sprinkel ‘n bietjie meel oral.
Rol die deeg op om ‘n deegwors te vorm.
Sny die wors in 12 tot 14 stukke en rol elke stuk in ‘n groot ronde skyf van 2 mm dik en herhaal die vorige twee stappe.
Vorm dan ‘n S met die gerolde wors en vou die boonste helfte oor die onderste helfte soos ‘n spiraal vormig.
Strooi ‘n bietjie meel oor en druk liggies plat en rol weer uit in ‘n sirkelvorm tot 2 mm dik.
Plaas eenkant tot gebak word.
Verf elke kant van die rootie met canola olie en bak in ‘n warm pan vir 45 sek tot 1 minuut aan elke kant tot mooi goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
Geskuif
Jacqueline Jones
Ek gebruik net die resep, ek gebruik yswater en Marvello botter.Ek maak op een dag somer groot maat en vries, lekker lig en flakey