FRIKKIE SE VISKOEKIES


FRIKKIE SE VISKOEKIES
1 ui, gebraai in genoeg botter tot ligbruin
3 blikkies tuna, gedreineer
3 tunablikkies lou kapokaartappel (sonder melk)
gekapte pietersielie na smaak
gekapte eissie na smaak
Sout en peper na smaak

Meng alles saam.
Vorm in koekies en laat afkoel.
Rol in gegeurde meel, dan geklitsde eier dan droƫ broodkrummels.
Die viskoekies kan nou verpak en gevries word indien verkies.
Haal soos nodig uit en ontdooi in yskas en vlakvetbraai.
Jy kan enige ander vis ook gebruik. Bly net van die ratio 1:1 met vis en aartappel.
Resep: Frikkie Jones