MURGPAMPOENTJIE LASAGNE
Bestanddele na gelang van aantal mense:
maalvleis met 1 ui, gaar gebraai
sout, peper en speserye na smaak
sampioene braai by, opsioneel
1 pak murgpampoentjies, in repe gesny of ringetjies of soos verkies, braai liggies vir paar min, nie pap nie
Smeer geskikte grootte bak liggies. Pak laag murgpampoentjies, dan vleis en herhaal. Gebruik een houer smooth maaskaas gemeng met bietjie room om meer loperig te maak.
Anders skep lepels vol maaskaas oral bo-op. Sprinkel gerasperde Cheddarkaas bo-oor en bak vir 30 min by 180° C tot deurgaar en kaas gesmelt en bruin is.
NOta: Dieselfde mengsel kan saam met gaar pasta bedien word. Pak ‘n laag gaar pasta in bak en herhaal groente en vleislaag. Dan die kaas mengsel as bolaag. Geniet!
Resep en foto: Daleen Terblanche
Alfreda De Villiers – Ek maak myne so – Lekker kaassous onder in gespuite bak so die helfte
Skywe marrow nie te dun nie, gekook maar nie pap nie. Druk met die lap al die vog uit,anders is die gebak te watering.
Dan laag lekker gaar geurige maalvleis, weer marrows em weer maalvleis. Laaste kaassous bo oor. Strooi kaas oor en bak 170 ºC so 45 min .Maalvleis moet nie droog wees nie. Ek sit altyd so teelelep of so meel by die maalvleis dat die sousie nie waterig is nie