MARMITE TERT


MARMITE TERT
1 ½ koppie koekmeel
1 koppie melk
1 eier
1 koppie suiker
3 eetlepels botter of margarine
3 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout

Room botter en suiker saam. Voeg droë bestanddele by. Voeg melk geleidelik by terwyl jy klits. Meng goed. Bak in ‘n matige oond by 180 ºC vir 30 min of tot gaar. Toets met ‘n toetspen.

Sous:
½ koppie gesmelte botter of margarien
± 2 teelepels Marmite
Meng saam en gooi bo-oor warm koek.
Rasper kaas bo oor en laat afkoel.
Resep en foto:  Linda Diedericks

Irma Van Ellewee Swart  – Ek het gevind die kaas raak hard as die tert ‘n rukkie staan, toe sê ‘n vriendin sy gooi nie kaas oor nie, maar fyn biltong. Dis ‘n wenner!