MAKLIKE PITA PIZZABROODJIES
So ek het pitabroodjies deeg gemaak met bakpoeier (wraps) en het dit toe as pizza bassise gebruik. Die pita broodjies word in ‘n pan gebak. Toe het ek die tamatiebasis gemaak en chedder en mozzarella oorgestrooi. Ek het ‘n klomp gevries en twee gebak dat julle kan sien. Ek het karringmelk gebruik vir die pitas.
3 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
genoeg karringmelk om stywe deeg aan te maak
Moenie te veel knie nie. So 3 minute.
Rol uit in sirkels en bak in pan. As dit klaar gepuff het, laat afkoel en vries.
Mens kan tamatie basis koop, maar dis maklik om self te maak:
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 blikkie “tomato paste”
Kook op lae hitte tot dit styf is. Smeer op die pita en sit jou gunsteling vulsel op met baie kaas. Onthou om basil en swart peper en sout in jou tamatiebasis te sit.
Resep en foto: Maya Durand
Oorgedra na nuwe blog. 24 September 2019.