GROOTMAAT CREMORA TERT


GROOTMAAT CREMORA TERT
3 koppies cremora poeier
1 pakkie suurlemoen jellie poeier, maak aan met 1 koppie kookwater, laat afkoel
Gooi 1 blikkie kondensmelk by.
1 blikkie gedreinde fyn pynappel, meng goed.
Gooi 3/4 koppie suurlemoensap by en meng goed.
Klop nou 1 blikkie Ideal melk (moet oornag in yskas) lekker styf en vou dit nou by die ander mengsel in tot goed gemeng.
Gooi in voorbeireide kors van jou keuse.
Dit is soos ‘n Cremora yskas tert en kan ‘n nasie voer, maar vir 40 mense sal ek hom dubbel maak.
Resep: Magda Van Der Merwe

Resep:  Elmarie Reyneke Bothma
5 blikke kondensmelk
10 koppies cremora
2 ½ koppie suurlemoensap
Klits tot room. Geen water.
Skep op kors van koekies en botter wat fyn gedruk is.