GEMMERKOEKIES MET WITPEPER

GEMMERKOEKIES MET WITPEPER
Maak 8 dosyn koekies
500 ml suiker
375 ml sonneblom- of canola olie
2 eiers
125 ml molasse
1 kg koekmeel
15 ml fyn gemmer
2,5 ml vars gerasperde neutmuskaat
mespunt fyn witpeper
10 ml fyn kaneel
5 ml sout
20 ml bakpoeier

Verhit oond tot 180°C. Voer bakplate met bakpapier uit.
Meng die suiker en olie goed saam in ‘n groot mengbak. Voeg die eiers beurtelings by en meng goed deur na elke byvoeging. Meng molasse by.
Gebruik ‘n aparte mengbak en sif die droë bestanddele saam; meng dit dan geleidelik by die eier-suikermengsel in tot goed ingewerk.
Vorm okkerneut-grootte balletjies met die handpalm. Plaas die bolletjies op die bakplaat met 5 cm spasies tussenin. (Dit sprei uit as dit bak). Bak sowat 12-15 min tot goudbruin. Die koekies moenie bleek wees nie. Die koekies sal krakerig bo-op lyk. Laat sowat 2 minute in die pan staan en plaas dan op die afkoelrak.
Resep geplaas deur James Gillespie-Blaauw