1

GEBAKTE CHINESE KOOL


GEBAKTE CHINESE KOOL
1 kopkool
2 groot uie, opgesny
1 groot eetlepel botter
1 eetlepel olyf olie
250 g gesnyde spek
2 Russians, opgesny

Kerf kool op tot op stronk.
Braai  uie in kastrol met botter en olyf olie.
Voeg  spek en russians by en braai tot deurskynend – nie bruin nie.
Skep spek mengsel uit en braai nou kool in dieselfde kastrol, tot amper sag.
Voeg geurmiddels by.
Ek het 1 teelepel aromat en swartpeper by gevoeg as ook so ½ gerasperde neurmuskaat.
Wanneer die kool amper sag is, Skep in ‘n gesmeerde bak. Strooi die spek mengsel bo-oor die kool.
Meng 1 pakkie wit uie sop poeier met ‘n koppie room en ‘n pakkie cheddar kaas sous.
Voeg daar by 1 hoogvol eetlepel meel.
Meng goed, gooi alles oor kool mengsel, strooi kaas oor soos goed dink.
Bak in 180°C oond vir ± 40 min tot kaas mooi bruin is.
Resep geplaas deur Alta Gunter van Dyk
Foto: Alta Gunter van Dyk