ELIZE SE GOURMET EEN-POT KONYN


ELIZE SE GOURMET EEN-POT KONYN
1 kg konyn, in stukke gesny
6 kruie naeltjies
3 lourierblare
1 knoffelhuisie
10 peperkorrels
4 pimento korrels
10 ml (2 teelepels) sout
2.5 ml (½ teelepel) peper
25 ml (2 eetlepels) asyn
300 ml hoender aftreksel
250 g varkspek (Streaky Bacon)

Vee die vleis met ‘n klam doek af en sny dit in stukke.Plaas die vleis en spek ( in repies gesny) in ‘n swaar kastrol en gooi genoeg water en aftreksel oor om dit net te bedek.
Voeg die naeltjies, pimento en die peperkorrels by en laat 3-5 uur lank stadig oor lae hitte of in ‘n stadige oond by 120ºC tot 150ºC, stowe. Hou die watervlak dop en vul aan indien nodig.
Voeg die ander kruie, sout en asyn by nadat dit 2 uur lank gestowe het en haal die naeltjies en die peperkorrels uit.
Die vleis moet maklik van die bene afkom as dit gereed is. Verwyder al die bene en maak die vleis met ‘n vurk fyn.
Kook aartappel en wortel blokkies as bygereg in die konyn aftreksel.
Pasop om nou nog sout by te sit want die aftreksel is reeds souterig.
Verdik ook van die aftreksel met meelblom wat met koue water gemeng is, vir ‘n sous.
Nota: Die vleis kan ook gebruik word in ‘n pastei.
Resep geplaas deur Elize de Kock
Foto: Elize de Kock