1

AMI SE HEERLIKE PASTEIDEEG


AMI SE HEERLIKE PASTEIDEEG
Hier is die resep en soos ek gesê het en belowe het, dit is ‘n  heerlike deeg.
5 koppies koekmeel
500 g botter
1,5 koppies kookwater
1 teelepel kremetart
1/2 teelepel sout

Rasper die margarien en gooi die kookwater bo-oor botter tot gesmelt. Meng die res van die bestanddele in by die water en botter en maak aan tot ‘n deeg wat reg is om gerol te word.
Die deeg vries heerlik en werk baie lekker.
Resep:  Ami Roets