SPRINGERVIS OP DIE KOLE
Krap die skubbe af, vlek dit en bedek die vis met growwe sout vir 3 tot 4 uur. Spoel die vis af en druk dit droog met kombuis papier.
Braai dit op redelike warm kole vir ‘n paar minute, met die velkant na bo wat met knoffelbotter gesmeer word. Draai die vis om en smeer met baie knoffelbotter. Braai op die velkant oor matige kole vir ongeveer 20 minute. Haal van die rooster af en bedruip met ‘n bietjie suurlemoensap. Bedien dadelik.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
One thought on “SPRINGERVIS OP DIE KOLE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif