RYSSLAAI


RYSSLAAI
2 koppies gaar rys
3 peppers
2 uie
2 blikkies gerookte mossels
3 hoogvol eetlepels botter
pietersielie
50 ml suurlemoen sap

Sny peppers en uie klein op en braai in botter tot net amper sag. Gooi suurlemoen sap in en meng saam met gaar rys van keuse.
Gooi 2 blikkies gerookte mossels by en meng liggies, anders breek mossels in stukkies.
Resep en foto: Flipkotie Olivier