PASTEI DEEG
625 g margarien
6 koppies meel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepels sout
3 eiergele
60 ml wit asyn
¾ koppies yswater
Vryf die margarien in die meel in. Meng die kremetart en sout in.
Meng die water en asyn. Klits die eiergele by.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en maak ‘n deeg aan.
Vou die deeg toe in kleefplastiek en laat dit rus vir so 6 ure.
Rol die uit en vorm pasteie met enige vulsel van jou keuse.
Bak teen 180°C tot mooi bruin.
Foto: Petro Kloppers