HETTIE SE ROOMMIELIEKOEKIE ONTBYT


HETTIE SE ROOMMIELIEKOEKIE ONTBYT
1 blikkie soet roommielies
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
Opsioneel:
2 teelepels suiker of versoeter na smaak

Meng alles saam, (behalwe bolaag) skep groot lepels vol in warm olie of botter gesmeerde warm pan. Maak effens plat met agterkant van lepel.
Bak beide kante tot bruin. Sit in bord.

Bolaag
gaar ontbytspek
gebakte eier
advokado
soet rissiesous

Pak lagies met bolaag en geniet ‘n heerlike voedsame ontbyt.
Resep geplaas deur Hettie Gouws Stoltz
Foto: Hettie Gouws Stoltz