HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS
500 g maalvleis
1 medium ui, gekap
4 medium wortels, in blokkies gesny
2 medium aartappels, in blokkies gesny
sout na smaak
1 liter water
50 ml suiker
50 ml asyn
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
25 ml appelkooskonfyt
Braai uie en maalvleis saam met kerriepoeier. Gooi die wortels en aartappels by en daarna die water. Voeg sout by. Gooi die suiker, asyn en borrie by en laat prut tot groente sag is. Roer die appelkooskonfyt by. Gooi nog water by as daar te min vloeistof in is. Kook tot sous verdik en nie meer waterig is nie, maar moenie verdikkingsmiddel bygooi nie. Ek bedien dit saam met klapper en piesang-skyfies.
Foto en resep: Gillian Vermeulen