GIDEON SE BOONTJIEBREDIE POT
Ek het gistraant vir ons die lekker groenboontjie bredie potjie gemaak saam met stukkies lamsrib.
1.5 kg lamsribbetjie, in stukke gesny
4 koppies gekerfde groenbone
2 groot aartappels, geskil en in kleinerige blokkies gesny
2 medium groot uie, geskil en gekerf
3 koppies witwyn
3 eetlepels bruinuiesop poeier
1 ½ teelepels sout
1 teelepel witpeper
1 teelepel chillieflakes
2 eetlepels suurlemoensap
Braai die vleis in ‘n warm pot op die kole vir ‘n paar minute en voeg die uie by en braai nog ‘n rukkie.
Sit dan die aartappels by saam met twee koppies van die wyn en kook vir omtrent ‘n uur stadig.
Plaas dan die groenbone by en kook vir omtrent ‘n halfuur.
Hou maar dop dat daar genoeg vloeistof bly maar nie te veel nie.
Strooi die sout, peper en chillie flakes asook die suurlemoensap oor die kos.
Meng die orige koppie wyn met die soppoeier en strooi oor die kos en laat prut vir ‘n rukkie.
Let wel : Vandat ek die aartapples ingesit het, het ek nie die pot geroer nie, maar roer dit wel net voor opdien.
Vroulief het ook ‘n bietjie soetpatat en rys gekook en saam met die kos voorgesit.
Djeeerlik was dit beslis.
Resep en foto: Gideon Louw