BIER BROOD
2 koppies bruismeel
3 eetlepel suiker
1 botteltjie bier
1 koppie kaas
1 eetlepel roosmaryn, fyngekap
Meng alles en sit in ‘n gesmeerde brood pan. Bak vir ‘n halfuur of tot goudbruin teen 180ºC.
Dit flop glad nie en is heerlik.
Resep: Mariaan Ferreira