BALSAMIC, KNOFFEL EN ROOSMARYN OLYWE


BALSAMIC, KNOFFEL EN ROOSMARYN OLYWE
Na 36 dae is olywe klaar gedoen, in verseëlde 1 liter emmertjies.
± 20 tot 30 kilo stewige olywe
30 dae in skoon water, elke dag moet water vervang word, na 30 dae, sit 6 dae in baie sterk sout water (‘n eier toets, as eier in soutwater gesit word moet dit dadelik afsak)
Na 6 dae gooi water af en dan 1 dag in bruin druiwe asyn.

Meng goed:
4 liter sterk lou water
8 teelepels sout (fyn)
1 koppie basamic asyn (bruin)
Pak nou olywe in houer, knoffel na smaak.
Ek gebruik ‘n huisie op ‘n emmertjie.
Gooi jou balsamic mengsel oor olywe en sit takkie roosmaryn bo-op olywe.
Seël emmertjie, bêre in donker kas.
Gebruik na 2 maande.
Pikante balsamic smaak, nie frank nie.
Resep en Foto: Alta Gunter van Wyk