RONELL SE ROOISOUS VIR HOENDER MET WAAIER AARTAPPELS
My resep se sous moet gemaak word en oornag oor hoender staan of ten minste 3 ure voor dit gebak of gebraai word.
12 stukkies hoender
1 koppie tamatiesous, All Gold
1 koppie chutney
¼ koppie olie
2 eetlepels hoenderspeserye
1 eetlepel tiemie, droog
60 ml droë witwyn
6 knoffelhuisie, groterig moet fyn opgekap wees
1 ui, fyn opgekap
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels bruinsuiker, of na smaak
Meng alles saam, gooi sous oor hoender, doop albei kante.
Oornag in yskas.
Braai op vuur of bak in oond.
WAAIER AARTAPPELS
1 kg medium aartappels, skil gewas en halfpad deurgesny nie tot onder nie. Kook tot gaar. Die sous moet in elke gleuf kan in.
1 pakkie mushroom sop
1 potjie room
½ koppie melk
gerasperde kaas
bietjie pasta spice, Ina Paarman
2 eetlepels egte botter
Meng alles behalwe kaas tot glad.
Kook in mikrogolf en roer tussendeur.
As dit te dik is, voeg bietjie melk by.
Roer weer tot glad.
Skep aartappels in oondvaste bak met gleuwe na bo.
Skep die sous oor en kaas bo-oor sous.
Bak tot bruin.
Resepte en foto’s: Ronell Muller Boshoff