JUDY SE GEMMERKOEKIES
6 koppies bruinsuiker
500 g margarien, verroom
4 eiers, geklits
500 g stroop
7 ml koeksoda, opgelos in halwe koppie melk
1.5 kg bruismeel
80 ml fyn gemmer
knippie sout
Meng al die bestanddele goed en laat rus vir 1 uur. Rol okkerneut grote balletjies en bak vir 12-15 minute by 180°C. Jy hoef nie die deeg plat te druk nie.
Foto: Judy Bester