1

GEKOOKTE SJOKOLADE VERSIERSEL


GEKOOKTE SJOKOLADE VERSIERSEL
100 g donker sjokolade, in blokkies gebreek
4 teelepels opgehoop koffiepoeier
500 ml kookwater
90 ml donker kakao
90 ml meel
250 ml suiker
10 ml vanieljegeursel
250 g botter/margarien

Giet kookwater en koffie oor sjokolade, roer tot sjokolade alles gesmelt het.
Meng kakao en meel met sjokolade mengsel.
Kook tot dik en glad. Plaas oornag in yskas om goed koud te word en te set.
Klits botter met vanielje geursel tot romerig, voeg sjokolademengsel in 2 dele by. Klits baie goed.
Gebruik soos verkies.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld‎