FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS
500 g boerewors, vel afgetrek
60 g rosyne
410 g blikkie red “kidney beans”, water af gegooi
1 handvol gekapte pietersielie
Meng alles saam en vorm in balletjies (ek kry 12 uit).
Pak in ‘n oondpan en bak in die oond by 180°C tot gaar.
Sous:
Braai 2 gekerfte uie, groen soetrissie (opsioneel) en knoffel (na smaak) tot sag. Voeg die volgende by:
1 klein sakkie tamatiepaste (50 g)
1 blikkie gekapte tamaties
1 beef stock blokkie, gekrummel
1 teelepel droë tiemie
Kook stadig vir 10 minute. Voeg dan ‘n eetlepel suiker, sout na julle smaak en peper by.
Vir die slaai het ek dubbel room plein jogurt met zest van 1 suurlemoen gemeng en ‘n dollop opgeskep bo-op die slaai en gedroogte cranberries oorgestrooi vir mooiheid.
Bedien saam met mash, pita of pasta en slaai.
Vir garnish ‘n lekker dollop dubbbel room jogurt vir ‘n romerigheidjie.
Resep en foto: Natacha Visagie
SUBMITTED / GEDOEN