DENZY SE KERRIEVIS


DENZY SE KERRIEVIS
(Curry pickled fish)
½ koppie olie
6 uie, in ringe gesny
vis van keuse, in stukkies gesny
2 eetleppels kerrie poeier
1 pakkie pickle spice
4 lourierblare
2 teelepels coriander
1 teelepel swart peper korrels
2 eetlepels borrie
2 koppies suiker
2 koppies asyn

1 koppie koekmeelblom
2 koppies water
1 koppie blatjang
1 koppie appelkoos sap
2 eetlepels Meizena
sout en peper

Vis:
Verhit olie. Sout en peper vis, rol in koekmeelblom en bak tot gaar. Hou eenkant.
Uie:
Kook uieringe in water vir 5 min. Voeg kerrie masala, borrie, lourierblare, pickled spice, peperkorrels, coriander sade, asyn, suiker, blatjang, appelkoos sap by en kook uie tot lekker sag. Meng 2 eetlepels Meizena met bietjie water en voeg by sous om lekker te verdik. Pak vis in bak en gooi uiesous oor. Laat afkoel en plaas in yskas vir 2 dae. Denzy.
Resep en foto: Denzel Koenana