BRUIN BROOD VIR WESTPOINT BROODMASJIEN


BRUIN BROOD VIR WESTPOINT BROODMASJIEN
Ek maak voor die tyd ‘n mengsel van 5 kg koek meel en 1 pakkie 350 g wheat bran.
3½ koppies gemengde meel
320 ml lou water
2 eetlepels bruinsuiker
3 eetlepels olie
1 pakkie pers gis
2 teelepels sout

Sit jou meelmengsel in die masjien.
Strooi dan sout bo-op.
Strooi suiker bo-op.
Sit olie bo-op.
Strooi gis heelbo en dan jou lou water.
Kies no 2 program op broodmasjien.
Dit bak minder as 2 ure en dan het jy ‘n heerlike bruin brood.
Foto en resep: Dianne De Swardt Herselman