ROMERIGE ALFREDO IDEES
Suzelle Badenhorst
Ek gebruik room, cream cheese en dan sit ek nog Parmesan cheese (gekrummel) in die sous.
Franco Dippenaar:
Maak basiese witsous en laat dit heeltemal afkoel tot gestol en koud. Meng ‘n houer room met dieselfde hoeveelheid melk. Plaas ‘n lepel witsous in jou warm pan, voeg dan bietjies melk en roommengsel by en roer met die agterkant van ‘n lepel tot ‘n glad en romerige sous. Voeg dan 30 g Parmesan of Pecorino kaas by en swart peper en Spice o Mat by na smaak. Voeg dan jou alfredo betanddele by.
Chantélle Saayman:
Basiese witsous is nie so romerig soos eetplekke se sous nie, doen jouself ‘n guns en probeer hierdie een, jy sal nooit weer ‘n ander sous gebruik nie. Daar kom NIKS anders in die sous nie.
Pasta ala Chantelle
2 uie, fyngekap (klein twista)
250 g mushrooms, skyfies gesny
lekker baie knoffel
Sandwich ham koue vleis, ± 500 g in klein blokkies gesny
Spaghetti of enige pasta van jou keuse
1 liter vars room
Aromat
peper
Maizena (so 3 teelepels, met klein bietjie water vir die 1 liter room)
Kook jou pasta. Braai uie, knoffel en mushrooms. Gooi sandwich ham by.
Gooi room in. Geur met aromat en peper. Maak dik met Maizena.
Ek het pasta in die sous gegooi, jy kan bedien soos jy wil.
Olga Els Bosch
Chantélle Saayman ek gooi nog bacon bits ook by.
Herman Carstens
2 eetlepels peanut butter
Kiti Citi
http://www.foodloversrecipes.com/2019/03/alfredo-sauce/
Ek maak myne presies soos Jennifer Weir, maar asseblief moenie dit laat “simmer” nie. Die room daarin SAL SPLIT as jy dit kook. Sit jou plaat stadig en bly roer. Dit vat omtrent 4 minute teen 90 grade. Ek gooi alles behalwe parmesan in pot (of thermomix). En sodra dit gesmelt is, gooi ek die kaas by en sit
voor met vars pietersielie.
Yvette Pretorius
Kook jou fettechini, saute uie in ‘n pot met bietjie botter en olie, gooi ‘n pakkie gesnyde sampioene by. Swart peper en bietjie sout, gooi ham blokkies in en laat braai vir paar min, gooi 250 ml vars room by en roer en op lae hitte. Gooi oor fettechini en laat sous intrek. Jy kan gekneusde knoffel ook bygooi. As jy bedien, gooi Parmesan kaas oor. Ek hou nie van witsous nie.
Linda Botha
Ek maak die heerlikste roomsous met net 3 bestanddele.
Vars room( soveel jy dink gaan genoeg wees)
blokkie hoender aftreksel
sampioene
growwe peper en kaas
Kook teen medium hitte, roer aanhoudend tot sous lekker dik afgekook is.
Kan hitte verlaag, roer aanhoudend.
Foto: Kiti Citi