MARMITE KOLWYNTJIES


MARMITE KOLWYNTJIES
3 koppies meel
6 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ teelepel rooi peper
± 2 ½ koppies melk
4 hoogvol koppies kaas (grof gerasper)

Meng droë bestandele saam, voeg kaas by en meng met melk, meng net tot meel gemeng is.
Skep in gesmeerde muffin panne.
(Maak 2 dos)
Bak vir 20 min+ of tot gaar in 180ºC oond.
Smelt saam:
4 teelepels marmite
250 gram magarien
As muffins uit kom, skep sous oor, gee ruskans vir 5 min en haal uit op skinkbord, as daar sous oor is gooi oor muffins. My man dink dit is hemels.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk