HOMEMADE CHICKEN NACHOS PIZZA
This must rank as one of the best pizzas I’ve ever made. Thin crispy base and loads of flavour on top. Swallowed down with Le Roselle Valpolicella Ripasso from Italy.
http://www.foodloversrecipes.com/…/elsabie-se-tuisgemaakte…/
Vanaand het ek enigiets wat jy op nachos kry op my pizza gesit. Dungesnyde hoender repies van 4 borsies in pakkie fajita speserye mengsel gerol en saam met uie gebraai. Rooi, groen en geel pepers gebraai. Hou albei eenkant tot die pizza uit die oond kom. Pizza deeg dun uitgerol en met tamatie pasta gesmeer soos per resep. Sprinkel dan helfte van die pepers, handvol klein tamaties deurgesny en albei kase en bak soos per resep. Wanneer die pizza uit die oond kom, sit die hoender, uie en res van pepers bo-op. Sprinkel met gesnipperde sprietuitjies, gebreekte nancho skyfies en sit teelepelsvol guacamole en creme fraîche op. Garner met mikro kruie en bedien dadelik.
Foto en resep: Elsabie Templeton